... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Oor en Oor en Weer ‘n Keer

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Filippense 3:1 Verder, my broers en susters, wees bly omdat julle aan die Here verbind is. Om weer hieroor vir julle te skryf maak my nie moeg nie, en vir julle gee dit duidelikheid. (NLV)

Listen to the radio broadcast of

Oor en Oor en Weer ‘n Keer


Download audio file

Daar was tye in my lewe (en ongetwyfeld in joune ook) waar dit gevoel het asof die vreugde van die Here uit my lewe verdwyn het. Jesus het soos Hy beloof het, alles gesê en gedoen om ons blydskap volkome te maak. Regtig! Watter vreugde?!

Daar is niks so bemagtigend as die vreugde van die Here nie. Geluk is bloot ‘n emosionele reaksie op uiterlike omstandighede – wanneer dinge goed gaan is ons gelukkig; wanneer dit sleg gaan, is ons hartseer. Maar, weet jy, die vreugde van die Here is soos ‘n fontein van lewende water wat van binne opborrel. Ons kan dit nie self laat gebeur nie, maar vir elkeen wat in Jesus glo, sal daar uit die diepste van sy wese riviere van lewende water vloei.

Ek kan hierdie waarheid met jou deel, maar dit kan slegs ‘n geringe impak maak. Maar wanneer God dit deur Sy Woord vir jou sê, sal die Heilige Gees jou verkwik op maniere wat die woorde van mense nooit kan nie.

Filippense 3:1 Verder, my broers en susters, wees bly omdat julle aan die Here verbind is. Om weer hieroor vir julle te skryf maak my nie moeg nie, en vir julle gee dit duidelikheid. (NLV)

Ek voel baie dieselfde as die apostel Paulus hieroor. Ek kom gereeld terug om met jou oor die vreugde van die Here te gesels, sodat jy voorbereid kan wees op al die gebeurlikhede van die lewe.

Ons kan vandag oor baie ander dinge praat, maar dit is net dat die blydskap van die Here so belangrik is, so wonderlik is … dat dit absoluut geen moeite vir my is om jou weer aan hierdie versie te herinner nie.

Die blydskap van die Here is jou krag. En ek wil seker wees dat jy gereed is om sy blydskap te ontvang!

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.