... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Die Tippie van die Ysberg

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Jakobus 5:10,11 Broers, neem die profete wat in die Naam van die Here gepraat het, as voorbeelde van lyding en geduld. Ons noem hulle geseënd omdat hulle volhard het. Julle het gehoor van die volharding van Job en julle het gesien waarop die Here dit laat uitloop het. Die Here is immers ryk aan barmhartigheid en ontferming.

Listen to the radio broadcast of

Die Tippie van die Ysberg


Download audio file

Sukses is ‘n woord wat ons almal graag gebruik. Wie wil nie suksesvol wees met alles wat hulle aanpak nie? Maar wees versigtig, al klink dit ook hoe aanloklik, is sukses ‘n misleidende konsep. 

Ek sê nie dat sukses as sulks ‘n slegte ding is nie. Maar weet jy, partykeer hardloop ons in die verkeerde rigting om sukses te behaal. Ons motivering is soms verkeerd en dan doen ons ook dikwels dinge op die verkeerde manier. Dit is hoe ek vir jare gedurende die eerste helfte van my lewe geleef het, en ek beveel dit beslis nie aan nie.

Maar weet jy dat dit aan die anderkant goed is om hard te werk vir die Here; om sy roeping te gehoorsaam en om onder sy leiding en in sy krag ons uiterste bes te doen. So sal ons dan sy plan, tot sy eer, tot vervulling sien kom.

As ons na die Ou Testamentiese geloofshelde – Jesaja, Esegiël, Job en die ander kyk – is dit maklik om hulle, met alles wat hulle bereik het, as suksesvol te bestempel. Maar wat het hulle spesiaal gemaak? Kom ons kyk na:

Jakobus 5:10,11 Broers, neem die profete wat in die Naam van die Here gepraat het, as voorbeelde van lyding en geduld. Ons noem hulle geseënd omdat hulle volhard het. Julle het gehoor van die volharding van Job en julle het gesien waarop die Here dit laat uitloop het. Die Here is immers ryk aan barmhartigheid en ontferming.

Met ander woorde, die “sukses” wat ander mense raaksien, is net die tippie van die ysberg. Onder die oppervlak lê harde werk, volharding, laat nagte, verwerping, opoffering, dissipline, kritiek, twyfel, mislukkings en risiko’s. Dis hoe sukses in die Koninkryk van God lyk.

Maar onthou, dit wys ons net elke keer hoe vol genade en liefde die Here is.

Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.


We use cookies to improve your browsing experience, analyse site traffic & personalise content, but we do not track you when you leave this site. To find out how we utilise & protect your data, check out our "Privacy Policy".

Privacy Policy

Make your gift monthly to share more Living Hope!

Hearts are open to Jesus at Easter. Your monthly support will help reach millions around the world to share the hope of Christ.

Make it Monthly