... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Die Waarheid Is. . .

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Maleagi 3:13-17 Julle het vermetele dinge oor My kwytgeraak, sê die Here. Maar julle vra: "Wat het ons oor U gesê?" Julle het gesê: "Dit is nutteloos om God te dien. Watter nut het dit dat ons sy bevel uitgevoer het en in rouklere rondgeloop het voor Hom, die Here die Almagtige? Dit lyk vir ons of dié wat teen Hom in opstand is, die gelukkiges is, en of dié wat verkeerd doen, vooruitgaan. Hulle daag God uit en kom vry!" Toe het die mense wat eerbied vir die Here het, onder mekaar geredeneer, en die Here het dit gehoor en daarop ag geslaan. Daar is 'n gedenkboek voor Hom geskryf met die name van dié wat eerbied vir die Here het en waarde heg aan sy Naam. “Hulle sal vir My 'n kosbare besitting wees die dag as Ek ingryp,” sê die Here die Almagtige. “Ek sal goed wees vir hulle, soos iemand goed is vir sy seun wat vir hom werk.”

Listen to the radio broadcast of

Die Waarheid Is. . .


Download audio file

Laat my toe om jou vandag reguit te vra: Glo jy in Jesus? Indien wel, verstaan mooi: dit maak nie saak wat jy gedoen het en hoe sleg jy jou gedra het nie, jy is een van God se kinders. Sy deur bly oop vir jou om na Hom toe terug te draai.

Hoe kan ek so ‘n gewaagde stelling maak? Want jy sien dit keer op keer in God se Woord. Mense gedra hulle sleg en ja, hulle moet natuurlik die gevolge van daardie verkeerde gedrag dra, maar God is altyd gereed om hulle te ontvang wanneer hulle opreg berou en terugdraai.

Daar was ‘n tyd toe die mense van Israel hulle sleg gedra het. Hier is hoe God dit opgesom het:

Maleagi 3:13-15 Julle het vermetele dinge oor My kwytgeraak,

sê die Here. Maar julle vra: “Wat het ons oor U gesê?” Julle het gesê: “Dit is nutteloos om God te dien. Watter nut het dit dat ons sy bevel uitgevoer het en in rouklere rondgeloop het voor Hom, die Here die Almagtige? Dit lyk vir ons of dié wat teen Hom in opstand is, die gelukkiges is, en of dié wat verkeerd doen, vooruitgaan. Hulle daag God uit en kom vry!”

Dis nie goed nie, maar …

Maleagi 3:16 en 17 Toe het die mense wat eerbied vir die Here het, onder mekaar geredeneer, en die Here het dit gehoor en daarop ag geslaan. Daar is ‘n gedenkboek voor Hom geskryf met die name van dié wat eerbied vir die Here het en waarde heg aan sy Naam. “Hulle sal vir My ‘n kosbare besitting wees die dag as Ek ingryp,” sê die Here die Almagtige. “Ek sal goed wees vir hulle, soos iemand goed is vir sy seun wat vir hom werk.”

Sien jy? Hulle het hulle baie sleg gedra. Hulle het dit onder mekaar bespreek en God het geluister. Al wat hulle moes doen, was om Hom weer te eer. En dit is al wat ek en jy ook moet doen. Eer Hom.

Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.