... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

God se Genade

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

1 Petrus 1:3 Aan God, die Vader van ons Here Jesus Christus, kom al die lof toe! In sy groot ontferming het Hy ons die nuwe lewe geskenk deur die opstanding van Jesus Christus uit die dood. Nou het ons 'n lewende hoop

Listen to the radio broadcast of

God se Genade


Download audio file

Ek is heeltemal oortuig daarvan dat ons nooit, ooit, genoeg oor die opstanding van Jesus Christus kan nadink en daaroor praat nie. Want die feit dat Jesus uit die dood opgestaan het, verander absoluut alles!

Ongelukkig maak baie mense nie tyd om die wonder van Jesus se opstanding hulle eie te maak nie, en dan verstaan hulle nie waarom hulle lewe nie hulle geloof weerspieël nie en waarom dinge so hopeloos voel nie.

Maar weet jy, ons staan elke dag op, doen die gewone ou dingetjies, en al glo ons in Jesus en in Sy dood en in Sy opstanding … lyk dit so ver verwyder van ons alledaagse lewens.

Ingeval jy voel asof daar ‘n gaping tussen jou geloof aan die een kant en die realiteite van die lewe aan die ander kant is, hoor wat sê Petrus in:

1 Petrus 1:3 Aan God, die Vader van ons Here Jesus Christus, kom al die lof toe! In sy groot ontferming het Hy ons die nuwe lewe geskenk deur die opstanding van Jesus Christus uit die dood. Nou het ons ‘n lewende hoop.

Die verband tussen die opstanding van Jesus meer as tweeduisend jaar gelede en die tegnologiese, vinnige lewe wat ons vandag leef, is dat Hy deur Sy genade vir ons ‘n nuwe lewe gegee het!

Luister na my: Ons is nie gemaak om in ons ou lewe van sonde en selfsug te leef nie; maar om ‘n nuwe lewe van opoffering en lyding ja, maar ook ‘n lewe van heerlikheid, van vreugde, van vrede en van krag, te leef. En … hierdie nuwe lewe is vir ons geskenk deur die opstanding van Jesus Christus uit die dood.

Christus het opgestaan! En jy het ook!

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.