... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Moenie Hierdie Fout Maak Nie

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Jakobus 3:2 Ons struikel almal in baie opsigte. As iemand nooit struikel in wat hy sê nie, is hy volmaak, by magte om ook sy hele liggaam in toom te hou.

Listen to the radio broadcast of

Moenie Hierdie Fout Maak Nie


Download audio file

Wanneer ek en jy terugdink aan ons lewens, kan ons almal geleenthede onthou waar ons dinge gesê het wat mense seergemaak het – ons leuens, kritiek en vernedering – wat hul harte soos dolke deurboor het.

Dit is ontnugterend wanneer ons besef dat ons mense langs die pad seergemaak het; dat ons deur wat ons vir hulle gesê het, dalk ‘n spoor van vernietiging agter ons gelaat het, nie waar nie?

Ek het eenkeer iemand hoor sê dat woorde tonne krag bevat. Dit is waar. Wat ons sê, en veral die wyse waarop ons dit sê, vertel die ander persoon presies wat ons van hulle dink.

Al is jy iemand wat uit gewoonte mooi dink voor jy praat, kom ons erken maar dat baie van ons die eerste ding wat by ons opkom, sonder om te dink en sonder enige soort filter, uitblaker. Maar al is jy beheersd in jou stemtoon en versigtig met die woorde wat jy kies, is daar absoluut geen twyfel dat jy, net soos ek, ook al mense seergemaak het met wat jy gesê het.

Ja, en weet jy, soms is die skade wat ons woorde doen, vir ‘n leeftyd lank daar.

Jakobus 3:2 Ons struikel almal in baie opsigte. As iemand nooit struikel in wat hy sê nie, is hy volmaak, by magte om ook sy hele liggaam in toom te hou.

Dink net – ‘n persoon wat nog nooit iets verkeerd gesê het nie, sal … perfek wees! Dit verg baie selfbeheersing – iets waaroor ons in die volgende paar dae sal gesels.

Goed, maar onthou vereers net dit: woorde het krag. Die krag om goed te doen en die krag om skade te berokken. Elke woord wat ek en jy sê, sal tot ‘n mate die een of die ander gevolg hê.

Wees versigtig met wat jy sê.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.


We use cookies to improve your browsing experience, analyse site traffic & personalise content, but we do not track you when you leave this site. To find out how we utilise & protect your data, check out our "Privacy Policy".

Privacy Policy

Make your gift monthly to share more Living Hope!

Hearts are open to Jesus at Easter. Your monthly support will help reach millions around the world to share the hope of Christ.

Make it Monthly