... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Minderwaardigheidskompleks

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favourites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

1 Korintiërs 15:9,10 Ek is immers die geringste van die apostels en is nie werd om 'n apostel genoem te word nie, omdat ek die kerk van God vervolg het. Maar deur die genade van God is ek wat ek is. Sy genade aan my was nie tevergeefs nie; inteendeel, ek het harder gewerk as hulle almal; eintlik was dit nie ek nie, maar die genade van God wat by my is.

Listen to the radio broadcast of

Minderwaardigheidskompleks


Download audio file

Ek het eers op die ouderdom van ses-en-dertig, nadat ek ‘n baie selfgesentreerde lewe gelei het, uiteindelik ‘n Christen geword. Ek onthou nog hoe ek so minderwaardig gevoel het in die geselskap van die alte-vroom-Christene rondom my. Ek wonder, of jy ook al so gevoel het?

Jy weet hoe ‘n mens se kop werk. Jy kyk na die mense om jou en vergelyk jouself met hulle. Nou ja, daar is ‘n paar uitsonderings, maar oor die algemeen lyk hulle soveel mooier en slimmer en beter as ons. Dit kan party dae nogal neerdrukkend wees.

En dan, net om dinge te vererger, kom iemand soos ek en praat oor Jesus se opstanding en die vrye gawe van die Ewige Lewe vir diegene wat in Hom glo. Maar …

Nou begin jy twyfel: Is ek goed genoeg? Regtig? Miskien nie!

Die apostel Paulus beantwoord juis daardie vraag terwyl hy oor Jesus se opstanding praat en hoe diegene wat in Hom glo, eendag sal opstaan en vir ewig sal lewe. Hier is dit in:

1 Korintiërs 15:9,10 Ek is immers die geringste van die apostels en is nie werd om ‘n apostel genoem te word nie, omdat ek die kerk van God vervolg het. Maar deur die genade van God is ek wat ek is. Sy genade aan my was nie tevergeefs nie; inteendeel, ek het harder gewerk as hulle almal; eintlik was dit nie ek nie, maar die genade van God wat by my is.

Paulus het Christene vervolg! Hy bestempel homself as die slegste van die slegtes; die grootste sondaar. Maar kyk net; hier lees ons vandag, tweeduisend jaar later, steeds wat hy geskryf het.

As jy in Jesus glo, het jy ‘n ewige toekoms. Niks in jou verlede kan jou daarvan beroof nie. Gryp hierdie waarheid vas. Dit is tyd om daardie minderwaardigheidskompleks te laat vaar, goed so?!

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.