... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Outydse Wysheid (2)

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Titus 2:3,4 Net so moet jy ook die bejaarde vroue onderrig om só te leef soos dit iemand betaam wat aan die Here toegewy is. Hulle moet nie rondloop en skinder nie, ook nie aan wyn verslaaf wees nie. Hulle moet liewer goeie dinge vir ander leer. Hierdie bejaarde vroue moet die jong vroue leer om hulle mans en kinders lief te hê. (NLV)

Listen to the radio broadcast of

Outydse Wysheid (2)


Download audio file

Enige sielkundige sal jou vertel dat, ten spyte van al die geslagteliksheidkwessies wat in sommige kringe aangevuur word, daar ‘n paar baie fundamentele en kragtige verskille tussen mans en vroue is.

Ons het gister die mini-reeks oor die verskillende rolle van mans en vroue in die samelewing en in gesinne, volgens God se Woord, afgeskop.

Ons het begin met die ouer manne, wat as rolmodelle in die samelewing selfbeheersd, ernstig, wys en sterk in hul geloof, liefde en geduld behoort te wees. Dit klink vir my alles behalwe outyds. Nou ja, wat van die ouer vroue? Hoe moet hulle leef?

Titus 2:3,4 Net so moet jy ook die bejaarde vroue onderrig om só te leef soos dit iemand betaam wat aan die Here toegewy is. Hulle moet nie rondloop en skinder nie, ook nie aan wyn verslaaf wees nie. Hulle moet liewer goeie dinge vir ander leer. Hierdie bejaarde vroue moet die jong vroue leer om hulle mans en kinders lief te hê. (NLV)

Een van die verskille tussen mans en vroue is dat vroue meer geneig is om te skinder, veral ouer vroue, wat meer tyd op hul hande het.

Maar, ouer vroue, luister: Dit is nie waarvoor jy bestem is nie. Jy is ook nie veronderstel om – soos party soms doen – uit verveeldheid rond te kuier en te veel te drink nie. Jy het werk om te doen! Jou plig is om die jonger vroue te leer hoe om hul mans lief te hê en hoe om hul kinders groot te maak.

Dit klink vandag nie vir jou so polities korrek nie, maar as jy daaroor nadink, is dit moeilik om dit as irrelevant af te maak. En gegewe die komplekse omstandighede waarin jonger vroue in die 21ste eeu kop bo water moet hou, was dié raad nog nooit so noodsaaklik of belangrik as nóú nie.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.


We use cookies to improve your browsing experience, analyse site traffic & personalise content, but we do not track you when you leave this site. To find out how we utilise & protect your data, check out our "Privacy Policy".

Privacy Policy

Make your gift monthly to share more Living Hope!

Hearts are open to Jesus at Easter. Your monthly support will help reach millions around the world to share the hope of Christ.

Make it Monthly