... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Valskermsprong

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Deuteronomium 31:8 Die Here sal voor jou uit gaan. Hy sal by jou wees. Hy sal jou nie in die steek laat nie, jou nie alleen laat nie. Moenie bang wees nie, moenie skrik nie.”

Listen to the radio broadcast of

Valskermsprong


Download audio file

Hier in die rot-resies van die lewe in die 21ste eeu, is “godsdiens,” God en Jesus vir baie mense …wel, vaag en irrelevant. Ek moet erken dat ek ook destyds so gevoel het, tot op ‘n dag . . .

Ek het ‘n bekentenis om te maak. Ek haat hoogtes. Tydens my offisiersopleiding in die weermag, is ek die geleentheid gebied om ‘n valskermsprong uit te voer. Nee, nee, ék spring? Jy maak seker ‘n grap? Waarom sou enige regdenkende mens op ‘n hoogte van tien duisend voet uit ‘n honderd persent veilige vliegtuig wil spring?

Maar. . . aan die ander kant, as die enjins aan die brand was, of as die vliegtuig besig was om te val, en iemand het my ‘n valskerm aangebied, het ek sterk ‘n vermoede dat ek die sprong sou waag.

Daar is mense wat so leef. ‘n Huwelik wat dreig om op die rotse te loop. ‘n Lewe wat buite beheer is. God het deurgaans, deur Jesus, vir jou ‘n oplossing aangebied. Waarom sou jy dit aanvaar?

Tot nou toe … tot op hierdie oomblik. . .  Hy is geduldig. Soms wag Hy totdat ons lewe so ‘n gemors is, dat ons geen ander opsies het nie. Dit is presies wat ‘n kwarteeu gelede met my gebeur het.

En weet jy, my enigste verwyt is dat ek dit so lank uitgestel het. Hoekom? Ek weet nie. Maar Hy was die hele tyd daar, besig om te wag vir die regte tyd.

Miskien is dit nóú die tyd vir jou om jou lewe vir Hom te gee. Miskien klop Jesus juis vandag aan die deur van jou hart en wag dat jy sal reageer. Ek wil jou van harte aanmoedig om dit te doen. Dit maak nie saak in watter situasie, onder watter omstandighede of selfs in watter gemors jy jouself vandag bevind nie . . .

Deuteronomium 31:8 sê: Die Here sal voor jou uit gaan. Hy sal by jou wees. Hy sal jou nie in die steek laat nie, jou nie alleen laat nie. Moenie bang wees nie, moenie skrik nie.”

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.


We use cookies to improve your browsing experience, analyse site traffic & personalise content, but we do not track you when you leave this site. To find out how we utilise & protect your data, check out our "Privacy Policy".

Privacy Policy

Sorry, no video available

Due to the 2020 COVID-19 situation there’s no video for this program. Enjoy the audio & text and remember, there’s lots more in the Media Lounge. Thank you for your understanding.

Visit the Media Lounge