... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Aanspraakmakers

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Galasiërs 6:1-3 Broers, as iemand in die een of ander sonde val, moet julle wat julle deur die Gees laat lei, so iemand in 'n gees van sagmoedigheid reghelp. En pas op: jy kan self ook in versoeking kom. Dra mekaar se laste, en gee op dié manier uitvoering aan die wet van Christus. As iemand hom verbeel hy is iets en hy is niks, bedrieg hy homself.

Listen to the radio broadcast of

Aanspraakmakers


Download audio file

Ons leef in ‘n era waar mense leef asof hulle op allerhande regte aanspraak kan maak. ‘Ek verdien beter as dit! Ek is tog geregtig daarop om te sê en te doen wat ek wil. Hoe durf hulle vir my sê wat om te doen?’ Maar aan die anderkant weet ons dat ons almal verantwoordelik moet wees, om in vryheid te kan lewe.

Dit is een van die groot paradokse van die lewe. Aan die eenkant wil ons almal graag vry wees. Dink net, watter een van ons het nie, toe ons grootgeword het, gegrief gevoel oor die grense wat ons ouers gestel het nie? En tog, as ons onsself vandag nog soos kinders gedra het, sou ons lewe ‘n groot gemors gewees het, nie waar nie?

Ja maar, met hierdie toenemende aanspraak op allerhande regte wat hedendaagse denke oorheers, is daar baie van die mense wat so dink, wat teen enige verantwoordelikheid rebelleer. En dit gebeur nie net iewers daar buite nie. Dit gebeur ook onder God se kinders. Nie een van ons is immuun daarteen nie. Ons lees in:

Galasiërs 6:1-3 Broers, as iemand in die een of ander sonde val, moet julle wat julle deur die Gees laat lei, so iemand in ‘n gees van sagmoedigheid reghelp. En pas op: jy kan self ook in versoeking kom. Dra mekaar se laste, en gee op dié manier uitvoering aan die wet van Christus. As iemand hom verbeel hy is iets en hy is niks, bedrieg hy homself.

Daar is baie om oor na te dink in hierdie drie verse, maar die kern van wat God hier sê, is dat dit nie korrek is om ons so bo ander te verhef nie. Ons is geskape om teenoor mekaar verantwoordbaar te wees. Wedersydse aanspreeklikheid, is ‘n onbetwisbare goddelike beginsel.

Ons moenie onsself flous nie. Nie een van ons is bo die wet verhewe nie, en niemand het die reg om nie verantwoordbaar te wees nie.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.


We use cookies to improve your browsing experience, analyse site traffic & personalise content, but we do not track you when you leave this site. To find out how we utilise & protect your data, check out our "Privacy Policy".

Privacy Policy

Sorry, no video available

Due to heavy rains that flooded our TV studio, there’s no video for today’s Fresh. Enjoy the audio & text and remember, there’s lots more in the Media Lounge. Thank you for your understanding.