... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Adam, die Nutsman

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Eksodus 20:17 “Jy mag nie iemand anders se huis begeer nie. Jy mag nie sy vrou begeer nie, ook nie 'n slaaf of slavin, 'n bees of 'n donkie, of enigiets anders wat aan hom behoort nie.”

Listen to the radio broadcast of

Adam, die Nutsman


Download audio file

As ons onsself met die mense rondom ons begin vergelyk, kom ons elke keer tweede beste daarvan af. Ons dink ons kan nooit so goed soos hulle wees nie.  Maar, wat jy jouself moet afvra, is of jy ooit veronderstel was om die spesifieke ding so goed soos hulle te kan doen?

‘n Rukkie gelede het ek ‘n nutsman, Adam, gehuur om ‘n paar goedjies in die huis te kom regmaak. (Ek is die onhandigste nutsman ter wêreld!)

Een van sy take was om die handdoekrak wat onder die wasbak inskuif, te herstel. En weet jy, die ding waarmee ons so lank al sukkel, het hy in minder as drie minute seepglad in-en-uit laat skuif. Ongelooflik. Ek kon dit, wat hy so pynloos gedoen het, nooit gedoen het nie!

Maar, as ek eerlik is, kan Adam waarskynlik ook nie die dinge doen, wat ek kan doen nie! Vra jouself af: ‘Wat is die doel daarvan om te vergelyk?’

Maar ons doen dit almal ongelukkig maar al te dikwels. Dis ‘n lokval waarin ons almal kan val.

Ons kyk hoe ander mense lyk, of wat hulle het, of verdien, of hoe wonderlik hulle lewe is. En sonder om dit te besef, voel ons ongelukkig en minderwaardig. Ons almal ken seker die tien gebooie.  Nommer tien van tien, lui so:

Eksodus 20:17 “Jy mag nie iemand anders se huis begeer nie. Jy mag nie sy vrou begeer nie, ook nie ‘n slaaf of slavin, ‘n bees of ‘n donkie, of enigiets anders wat aan hom behoort nie.”

Miskien sou jy of ek nie dié een in ons top-tien lysie geplaas het nie. Maar stop en dink mooi daaroor na…. dit ís baie sinvol, want die begeerte om te hê wat aan iemand anders behoort, is die broeiplek waar baie van die kwaad in hierdie wêreld vandaan kom.

Hou op om jouself te vergelyk met ander.

Dis God se Woord. Vars … vir jou … vandag.



We use cookies to improve your browsing experience, analyse site traffic & personalise content, but we do not track you when you leave this site. To find out how we utilise & protect your data, check out our "Privacy Policy".

Privacy Policy

Sorry, no video available

Due to the 2020 COVID-19 situation there’s no video for this program. Enjoy the audio & text and remember, there’s lots more in the Media Lounge. Thank you for your understanding.

Visit the Media Lounge