... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Die Gevaarlike Slagyster van Rykdom

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favourites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Mattheus 13:3,7,18,22 Hy het hulle baie dinge in gelykenisse vertel en onder andere gesê: “'n Saaier het eendag gaan saai.… ‘n Ander deel het tussen die onkruid geval, en die onkruid het opgekom en dit laat verstik… “Luister julle dan na wat die gelykenis van die saaier beteken:… Die man by wie daar tussen die onkruid gesaai is, is hy wat die woord hoor, maar die bekommernis van die lewe en die verleidelikheid van rykdom verstik die woord, en dit bly sonder vrug.

Listen to the radio broadcast of

Die Gevaarlike Slagyster van Rykdom


Download audio file

Ons druk Jesus in ‘n boksie. Dit wat Hy is, en wat Hy gesê het, word al ‘n geruime tyd verdraai. Daar’s mos niks daarmee verkeerd om Hom te wil verander in iemand anders wat gemakliker by ons 21ste eeuse denkwyse pas nie? Is daar?

Ons is elkeen geneig om Jesus deur die lens van ons eie omstandighede te sien. En hoe groter ons begeerte na rykdom word, hoe meer sien ons Hom vanuit daardie perspektief.

“Nou ja, die lewe kan moeilik wees, maar Hy is lief vir my. Ek’s een van sy witbroodjies. Ek is spesiaal. Ek kry gratis voordele. Jesus het immers na die aarde gekom om my gesond en ryk te maak.” Dit is regtig maklik om so te begin dink.

Jesus het ‘n gelykenis vertel om te wys hoe sommige mense ernstig is om Hom as hulle Here te aanvaar, en ander nie. Hier is ‘n verkorte weergawe daarvan, wat op die begeerte na rykdom fokus:

Matteus 13:3,7,18,22 Hy het hulle baie dinge in gelykenisse vertel en onder andere gesê: “’n Saaier het eendag gaan saai.… ‘n Ander deel het tussen die onkruid geval, en die onkruid het opgekom en dit laat verstik… “Luister julle dan na wat die gelykenis van die saaier beteken:… Die man by wie daar tussen die onkruid gesaai is, is hy wat die woord hoor, maar die bekommernis van die lewe en die verleidelikheid van rykdom verstik die woord, en dit bly sonder vrug.

Die oes waarvan Jesus praat, is ‘n lewe wat so radikaal verander is, dat Sy liefde deur ons oorspoel om ‘n oes van baie meer siele in te bring.

Enige strewe na rykdom, in hierdie gelykenis, word vergelyk met onkruid wat ons verhoed om te groei. Weet jy, Jesus het nie gekom om jou ryk te maak nie!

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.