... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Die Kwaai Baas

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Prediker 10:4 As die heerser vir jou kwaad word, moenie jou pos verlaat nie; kalmte voorkom groot foute.

Listen to the radio broadcast of

Die Kwaai Baas


Download audio file

Dit is maklik om die indruk te kry dat die Bybel – die boek wat ons Christene God se Woord noem – alles oor geestelike dinge gaan. Dis nie waar nie. God wil hê dat sy liefde elke aspek van ons lewens moet beïnvloed.

Werk is ‘n ongelooflik belangrike deel van ons lewe. Ek verstaan dat ons nie almal ‘n betaalde werk het nie, maar die meeste van ons moes al op die een of ander stadium in ons lewe hard werk.

Werk neem ‘n groot deel van ons tyd in beslag. En ja, een van die doelstellings is om geld in te bring om kos op die tafel te sit en ‘n dak oor ons kop te hou. Maar ‘n ander rede waarom ons werk, is dat dit ons toelaat om ons gawes en vermoëns te gebruik en dat dit ons hopelik ‘n gevoel van bevrediging gee.

Ek weet, ek weet, dit is nie altyd die geval nie. Daar is verskeie redes hiervoor. Sommige mense moet werk doen waarvoor hulle nie aangelê is nie – ‘n situasie waarin hulle nooit tuis voel nie. Maar ‘n ander rede is dat jy onder ‘n moeilike baas moet werk. Ek was al in so ‘n situasie en dit was nie snaaks nie. Glad nie! 

Nadat ‘n kwaai baas ‘n rukkie weggebytel het aan ons selfbeeld, wil ons eenvoudig opgee; tou opgooi; vir ‘n ander werk gaan soek. Maar daar is ‘n alternatief. ‘n Goddelike alternatief. 

In Prediker 10: 4 staan: As die heerser vir jou kwaad word, moenie jou pos verlaat nie; kalmte voorkom groot foute.

Die rede waarom mense ons ontstel, is omdat ons dit toelaat. Ons kan kies om in so ‘n situasie die slagoffer of die oorwinnaar te wees. 

Die slagoffer glip druipstert weg. Die oorwinnaar kies om met God se wysheid bo sy omstandighede uit te styg.

Moet dus nie jou werk bedank bloot omdat die baas vir jou kwaad is nie. As jy kalm en behulpsaam bly, kan jy selfs groot probleme oplos.

Dis God se Woord. Vars … vir jou … vandag.