... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Die Vleuels van die Wind en ‘n Gebed

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favourites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Johannes 14:6 Jesus het vir hom gesê: “Ek is die weg en die waarheid en die lewe. Niemand kom na die Vader toe behalwe deur My nie

Listen to the radio broadcast of

Die Vleuels van die Wind en ‘n Gebed


Download audio file

As jy bid, tot wie bid jy? Dit klink miskien na ‘n vreemde vraag, maar ons begrip van wie God is, is van uiterste belang. Ons kan óf op die regte manier óf op die verkeerde manier tot God nader. Wie is God vir jou?

Gebed is ‘n snaakse ding. Uit peilings blyk dit dat net meer as sewentig persent van die mense beweer dat hulle die afgelope maand minstens een keer gebid het. Dit beteken dat hulle hul tot God gewend het – wie God ook al vir hulle is – en met Hom gepraat het.

Maar die meeste van die tyd, hou baie van ons net die agterdeur oop. Ons leef op die vleuels van die wind en stuur so af en toe ‘n vinnige gebedjie op na die “Groot Baas” in die lug sodat Hy in ‘n krisistyd die haas uit die hoed kan trek (wie ook al die “Groot Baas” is).

Maar Jesus het ‘n verregaande aanspraak gemaak.

Ons lees in Johannes 14: 6: Jesus het vir hom gesê: “Ek is die weg en die waarheid en die lewe. Niemand kom na die Vader toe behalwe deur My nie.”

Jesus sê dit baie duidelik. Daar is baie gode wat mense effens halfhartig, of doelbewus aanbid, maar daar is net een ware God, sy Vader in die hemel. En niemand, niemand kan na die Vader kom, behalwe deur te glo in Jesus en op Hom te vertrou nie.

Weet jy, ek het gedink dat hierdie hele idee dat daar as’t ware net “een manier” is, is ‘n onlangse leerstelling van ‘n kerk, wat heeltemal te groot vir sy skoene geword het.

Maar dit blyk dat dit Jesus self was wat dit gesê het. Dieselfde Jesus wat gely het, wat vir jou en my aan die kruis gesterf het. Dit is die waarheid wat sy lewe gekos het.

“Ek is die weg en die waarheid en die lewe. Niemand kom na die Vader toe behalwe deur My nie.” Jesus.

Dis God se Woord. Vars … vir jou … vandag.


We use cookies to improve your browsing experience, analyse site traffic & personalise content, but we do not track you when you leave this site. To find out how we utilise & protect your data, check out our "Privacy Policy".

Privacy Policy

Sorry, no video available

Due to the 2020 COVID-19 situation there’s no video for this program. Enjoy the audio & text and remember, there’s lots more in the Media Lounge. Thank you for your understanding.

Visit the Media Lounge