... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Die Wind Onder My Vlerke

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favourites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Johannes 3:8 Die wind waai waar hy wil. Jy hoor sy geluid, maar jy weet nie waar hy vandaan kom en waar hy heen gaan nie. So gebeur dit met elkeen wat uit die Gees gebore is.”

Niemand hou van teëspoed nie. Dis nou maar ’n feit. Jy hou nie daarvan nie en ek ook nie. Dit maak nie saak hoe graag ons ‘n maklike lewe begeer nie, teëspoed duik op die mees onverwagte tye op.

In al die tyd wat ek self ligte vliegtuie gevlieg het – en tot onlangs het ek baie daarvan gedoen – is dit vir my nog altyd ‘n raaisel dat vliegtuie altyd teen die wind opstyg, en nie met die wind van agter af nie.

Dit is so kontra-intuïtief. Vir oningewydes (wat ek ook vroeër was) sou dit sinvol wees om ‘n bietjie woema uit die wind te kry deur ‘n bietjie stootkrag van agter te hê. O nee, die aërodinamika vertel ons die vliegtuig het die wind onder sy vlerke nodig om te kan opstyg.

Maar soos jy weet, kan wind regtig onvoorspelbaar wees. So kry ons dikwels die wind van voor en in plaas daarvan om die teëspoed vierkantig in die oë te kyk, is ons instink om daarvan weg te hardloop. Maar dit is nie hoe dit werk nie … altans nie in die Koninkryk van God nie, want so dikwels is dit God self wat die wind aanblaas om verandering te laat plaasvind. Die teëspoed is bestem om ons iets te leer, te help groei en sterker te word, iets wat ons dikwels nie geweet het, ons nodig het nie.

En die manier om daardie krag te kry, om op te staan, om God se oorwinning in jou teëspoed vas te gryp, om sy doel met jou lewe te bereik… is om vas te byt en sy wind onder jou vlerke te kry. Kyk wat staan in:

Johannes 3:8 Die wind waai waar hy wil. Jy hoor sy geluid, maar jy weet nie waar hy vandaan kom en waar hy heen gaan nie. So gebeur dit met elkeen wat uit die Gees gebore is.”

Dikwels weet ons nie waar Hy vandaan kom of waarheen Hy ons neem nie. Maar Hy doen dit. Vertrou Hom.

Dis God se Woord. Vars … vir jou … vandag.


We use cookies to improve your browsing experience, analyse site traffic & personalise content, but we do not track you when you leave this site. To find out how we utilise & protect your data, check out our "Privacy Policy".

Privacy Policy