... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

God se Wysheid

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favourites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Matteus 6:16-18 “As julle vas, moet julle nie soos skynheiliges met lang gesigte rondloop nie. Hulle mismaak hulle gesigte sodat die mense kan sien dat hulle vas. Dit verseker Ek julle: Hulle het hulle beloning klaar weg. Nee, as jy vas, versorg jou hare en was jou gesig sodat niemand kan sien dat jy vas nie, behalwe jou Vader wat jy nie kan sien nie. Jou Vader wat sien wat verborge is, sal jou beloon.

Listen to the radio broadcast of

God se Wysheid


Download audio file

Vir baie mense is hulle gewig ‘n netelige kwessie. As jy een van daardie maer graatjies is, is jy waarlik geseënd. Maar die res van ons is nie soos jy nie. Mense eet hulself dood … en God? Hy begeer dat ons elkeen die wonderlike liggaam wat Hy vir ons gegee het, sal respekteer.

Dit lyk asof daar deesdae ‘n konstante voorraad voedsel is. Ja, ek weet dat daar nog steeds byna ‘n miljard mense aan hongersnood ly, maar terwyl hulle van honger omkom, word die res van ons al hoe vetter.

As iemand wat my lewe lank vreeslik gesukkel het met my gewig, is dit ‘n onderwerp wat my baie na aan die hart lê. Met voedsel in groot oormaat beskikbaar, is die probleem dat ons nooit ophou eet nie. As gevolg hiervan, bly ons insulien vlakke hoog en dit is onvermydelik dat ons gewig optel. Dit is ‘n bose kringloop wat ons, ongelukkig, as heeltemal normaal beskou.

Teen hierdie agtergrond is die gedagte aan vas ondenkbaar. (Ons moet tog seker nou nie self “honger ly nie”!) Maar God praat nogal baie oor vas. Baie!

Matteus 6: 16-18 As julle vas, moet julle nie soos skynheiliges met lang gesigte rondloop nie. Hulle mismaak hulle gesigte sodat die mense kan sien dat hulle vas. Dit verseker Ek julle: Hulle het hulle beloning klaar weg. Nee, as jy vas, versorg jou hare en was jou gesig sodat niemand kan sien dat jy vas nie, behalwe jou Vader wat jy nie kan sien nie. Jou Vader wat sien wat verborge is, sal jou beloon.

Ja, vas met ‘n positiewe gesindheid is ‘n uitstekende manier om nader aan God te kom. Maar ons weet ook nou dat dit in hierdie era van oorvloedige kos en konstante eet, meer voordele vir die gesondheid inhou as wat iemand ooit verwag het.

Die antieke wysheid van God is wonderlik. Dit word nooit oud nie.

Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.


We use cookies to improve your browsing experience, analyse site traffic & personalise content, but we do not track you when you leave this site. To find out how we utilise & protect your data, check out our "Privacy Policy".

Privacy Policy

Sorry, no video available

Due to the 2020 COVID-19 situation there’s no video for this program. Enjoy the audio & text and remember, there’s lots more in the Media Lounge. Thank you for your understanding.

Visit the Media Lounge