... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Die Boonste Laag

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favourites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

1 Samuel 16:7 Maar die Here het vir Samuel gesê: “Moenie na sy voorkoms en sy rysige gestalte kyk nie, want Ek het hom afgekeur. Dit gaan immers nie oor wat die mens sien nie, want: “Die mens kyk na wat hy sien, maar die Here kyk na die hart.”(AFR20)

Dit is een ding om te sê: “Ek glo in God, ek glo in Jesus,” maar dit is ‘n heel ander ding om ons harte en gedagtes oop te maak, om Hom binne te laat en Hom toestemming te gee om met sy liefde en krag diep binne-in jou te werk. Ja, dit … dít is ‘n heel ander ding.

Ek en my vrou het ‘n ruk gelede in ‘n ou 19de-eeuse huis gewoon. Ons het die huis opgeknap om dit te moderniseer. Ons het die onstabiele vloerplanke vervang, die verkrummelde pleisterwerk herstel, die skeefgetrekte vensterrame reggemaak en die elektriese bedrading vervang.

Maar terwyl die lang en morsige opknappingswerk aan die binnekant gedoen is, het die indrukwekkende ou fasade – wat jy van die straat af kon sien – vuil en vervalle gebly; totdat die verwers op ‘n dag daardie finale laag aan die voorkant van die huis geverf het. Toe  kon die res van die wêreld sien wat daar was; ‘n pragtig gerestoureerde outydse huis, eerder as ‘n vervalle ou murasie soos vroeër.

Vir die res van die wêreld het die finale laag die verskil gemaak. Maar vir ons is dít wat aan die binnekant gebeur het, die ding wat regtig saak gemaak het.

Ons leef in ‘n wêreld wat op die uiterlike fokus. Dit is wat vir hulle saak maak … maar dis nie dieselfde vir God nie. Vir Hom is die belangrikste dít, wat binnekant aangaan.

Toe sy profeet, Samuel, ‘n koning vir Israel moes aanwys lees ons in:

1 Samuel 16:7 Maar die Here het vir Samuel gesê: “Moenie na sy voorkoms en sy rysige gestalte kyk nie, want Ek het hom afgekeur. Dit gaan immers nie oor wat die mens sien nie, want: “Die mens kyk na wat hy sien, maar die Here kyk na die hart.”(AFR20)

Om God die reg te gee en om Hom toe te laat om daardie broodnodige opknappings aan die binnekant te doen – dit is wat regtig saak maak. Dis waar God sy magtigste werk doen. Dit is waar sy Gees uiteindelik sal woon.

Dis God se Woord. Vars … vir jou … vandag.


We use cookies to improve your browsing experience, analyse site traffic & personalise content, but we do not track you when you leave this site. To find out how we utilise & protect your data, check out our "Privacy Policy".

Privacy Policy

Sorry, no video available

Due to the 2020 COVID-19 situation there’s no video for this program. Enjoy the audio & text and remember, there’s lots more in the Media Lounge. Thank you for your understanding.

Visit the Media Lounge