... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Godsdiens en Jesus

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favourites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Markus 5:22,23 Een van die leiers van die sinagoge, met die naam Jaïrus, kom toe daar aan. En toe hy Hom sien, val hy voor sy voete neer en smeek Hom ernstig: “My dogtertjie lê op sterwe. Kom lê u hande op haar, sodat sy gesond kan word en leef. (AFR20)

Listen to the radio broadcast of

Godsdiens en Jesus


Download audio file

Het jy al ooit in jou geestelike wandel gevoel asof jy net uit gewoonte deur ‘n soort van ‘n ritueel gaan? Dat iets ontbreek? Jy moet tog sekerlik méér vervulling ervaar wanneer jy Jesus volg, of hoe?

Wanneer mense uitvind dat ek in die bediening is, sê hulle: “O, jy’s ‘n godsdienstige man.” Maar ek is glad nie gemaklik met daardie benaming nie.

Op ‘n dag toe Jesus van die skuit afklim, het ‘n groot menigte op Hom gewag. Sy reputasie van genesing en kragtige prediking het soos ‘n veldbrand dwarsdeur die land versprei… dit verklaar seker die skare.

In Markus 5:22,23 staan: Een van die leiers van die sinagoge, met die naam Jaïrus, kom toe daar aan. En toe hy Hom sien, val hy voor sy voete neer en smeek Hom ernstig: “My dogtertjie lê op sterwe. Kom lê u hande op haar, sodat sy gesond kan word en leef.” (AFR20)

Kyk, Jaïrus was ‘n man van formaat. ‘n Man met ‘n hoë status; die leier van die plaaslike sinagoge, ‘n godsdienstige man.

En tog het hy homself voor die skare verneder deur voor Jesus se voete neer te val om Hom vir hulp te vra. Hoekom? Want hierdie godsdienstige man met al sy geleerdheid en sy belangrike posisie, het nie die mag gehad om sy dogter te genees nie. Net Jesus het die mag gehad om dit te doen.

Dit is die verskil tussen godsdiens en Jesus. Vir baie mense is godsdiens ‘n leë stel reëls, ‘n ritueel, ‘n lewenswyse wat inderwaarheid niks in hul lewens verander nie.

Jesus, aan die anderkant, is gereed om sy lewensveranderende, lewegewende krag op jou uit te stort; om jou te bemagtig om alles te wees waarvoor Hy jou geskape het. Want weet jy, Hy beplan om die lig van Sy liefde in hierdie donker wêreld deur jou te laat skyn.

Jesus is die  lewensveranderende, lewegewende krag.

Dis God se Woord. Vars … vir jou … vandag.



We use cookies to improve your browsing experience, analyse site traffic & personalise content, but we do not track you when you leave this site. To find out how we utilise & protect your data, check out our "Privacy Policy".

Privacy Policy

Sorry, no video available

Due to the 2020 COVID-19 situation there’s no video for this program. Enjoy the audio & text and remember, there’s lots more in the Media Lounge. Thank you for your understanding.

Visit the Media Lounge