... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Hy Kom uit Nasaret

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Markus 1:9 Jesus het in daardie selfde tyd van Nasaret in Galilea af gekom, en Hy is deur Johannes in die Jordaan gedoop

Listen to the radio broadcast of

Hy Kom uit Nasaret


Download audio file

Dis maklik om ons te verbeel dat ons nie goed genoeg vir God is nie. God het Jesus gestuur om ander mense te red – dié wat soveel meer waardig as ons is. Ons sal heelwaarskynlik nie goed genoeg wees om te kwalifiseer nie.

Ek lees nou die dag my Bybel en hierdie een vers tref my:

Markus 1:9 Jesus het in daardie selfde tyd van Nasaret in Galilea af gekom, en Hy is deur Johannes in die Jordaan gedoop.

Jy woon waarskynlik nie in dieselfde wêrelddeel as ek nie. Maar waar ons ook al woon, ons kan almal aan ‘n plek, ‘n dorp of ‘n voorstad, wat goor is, dink. Die soort plek waar ek of jy nooit sal  wil woon nie. Ek is seker jy kan aan so ‘n plek dink. Miskien is dit ook nie so ver van waar jywoon nie.

Weet jy, in Israel in die eerste eeu, as jy een van die magtige godsdienstige manne was, dié vernames met ‘n hoek-kantoor naby die tempel in Jerusalem, was daardie plek, die dorp Nasaret in die provinsie van Galilea.  Jy sou by die blote noem van die naam jou neus opgetrek het, en soos iemand anders eenkeer gedoen het, vra: “Kan daar iets goeds uit Nasaret kom?”

En tog het God besluit om sy Seun, Jesus, in ‘n arm gesin gebore te laat word en opgelei te word as ‘n skrynwerker op ‘daardie plek’, nie in Jerusalem, die magsentrum nie, maar in Nasaret, daardie niksseggende ou plekkie ‘n paar dae te voet in ‘n noordelike rigting.

Het jy al ooit gewonder – wat sê dit van God?

Die feit dat die Skepper en die Verlosser, God self, hierdie wêreld in diepe nederigheid binnegekom het, sê vir my alles; dit sê dat Hy nie net vir die vernames en die elite gekom het nie, Hy het gekom vir die gewone mense soos ek en jy.

Dis God se Woord. Vars … vir jou … vandag.


We use cookies to improve your browsing experience, analyse site traffic & personalise content, but we do not track you when you leave this site. To find out how we utilise & protect your data, check out our "Privacy Policy".

Privacy Policy

Sorry, no video available

Due to the 2020 COVID-19 situation there’s no video for this program. Enjoy the audio & text and remember, there’s lots more in the Media Lounge. Thank you for your understanding.

Visit the Media Lounge