... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Is jy gereed om te ontvang?

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favourites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Jesaja 9:5 Vir ons is 'n Seun gebore, aan ons is 'n Seun gegee; Hy sal heers, en Hy sal genoem word: Wonderbare Raadsman, Magtige God, Ewige Vader, Vredevors.

Kersfees beteken nie vir alle mense dieselfde ding nie. Vir party sal dit ‘n groot fees wees, vir ander ‘n eensame tyd en vir ander ‘n werksdag. Sê my … hoe sal jou Kersfees lyk?

Kan jy dit glo – hier is ons al in die Kersweek. Ons gaan weer Kersfees vier. Kan ek jou vra: is jy gereed?

Nee, ek praat nie van die inkopies, die geskenke, Kersete en die versierings nie. Dit is alles goed en wel, maar dit is nie waarom ek dit vra nie, is dit? Nee, wat ek wil weet is of jy diep in jou hart gereed is om die grootste geskenk wat ooit gegee is, te ontvang; want dit is immers waaroor Kersfees gaan.

Ongeveer sewehonderd jaar voordat Jesus gebore is, het Jesaja sy koms voorspel. Ons lees in:

Jesaja 9:5 Vir ons is ‘n Seun gebore, aan ons is ‘n Seun gegee; Hy sal heers, en Hy sal genoem word: Wonderbare Raadsman, Magtige God, Ewige Vader, Vredevors.

Kyk net al die Name wat aan die Seun gegee word: Wonderbare Raadsman, Magtige God … wag ‘n bietjie. Stop net daar! Wat het Jesaja nou net gesê? Dat ‘n magtige God in hierdie wêreld gebore sal word word. ‘n Ewige Vader en Vredevors.

Daar kan geen fout wees nie, hoegenaamd nie. Dit is ‘n profesie van die geboorte van God in hierdie wêreld.  God wat mens geword het; wat een van ons word, om by ons te woon, om Homself aan ons te wys en om vir ons te sterf. Dit is waaroor Kersfees gaan. Laat ek jou dus weer vra. Is jy gereed om die grootste geskenk wat nog ooit gegee is, te ontvang? Indien nie, kry jouself gereed. Christus kom.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.


We use cookies to improve your browsing experience, analyse site traffic & personalise content, but we do not track you when you leave this site. To find out how we utilise & protect your data, check out our "Privacy Policy".

Privacy Policy

Sorry, no video available

Due to the 2020 COVID-19 situation there’s no video for this program. Enjoy the audio & text and remember, there’s lots more in the Media Lounge. Thank you for your understanding.

Visit the Media Lounge