... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Moenie die Doel mis nie

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favourites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

2 Timoteus 1:13,14 Hou vas aan die maatstaf van gesonde lering wat jy van my geleer het. En onthou om te lewe in die geloof en liefde wat jy in Christus Jesus het. Bewaar met die hulp van die Heilige Gees wat in ons woon, die kosbare skat wat aan jou toevertrou is.(NLV)

Listen to the radio broadcast of

Moenie die Doel mis nie


Download audio file

Waarheid is deesdae maar redelik skaars, nè? Soos die tyd nader aan Christus se wederkoms kom, is daar – net soos Hy voorspel het – baie mense wat probeer om God se wysheid en liefde, met sogenaamde ‘menslike wysheid’ te vervang. En dit het rampspoedige gevolge.

‘n Mens sien dit oral om ons, nie waar nie? Die magte van die duisternis wat die Waarheid van God se wonderlike liefde vir ons, wat Hy deur sy Seun, Jesus, bewys het, ondergrawe. En hoe verder die wêreld van die Goeie Nuus af wegdryf, hoe groter is die druk op ons wat glo, om ook in hulle leuens ingetrek te word.

Dit is ‘n druk wat uit elke rigting na ons kom: van politieke groeperinge wat ons wil indoktrineer; van die diep verval van sedes in die samelewing en van die groot klem wat op persoonlike vryheid bo verantwoordelikheid gelê word.

Moenie om die bos gelei word nie, dit is ‘n duiwelse aanslag op die geloof van elkeen wat dit waag om in Jesus te glo. Dit is geestelik, dit is emosioneel, dit is fisies, maar ons ignoreer die impak daarvan op ons verlossing tot ons eie nadeel.

Maar moenie vir een oomblik dink dis iets nuuts nie. Ons lees in: 

2 Timoteus 1:13,14 Hou vas aan die maatstaf van gesonde lering wat jy van my geleer het. En onthou om te lewe in die geloof en liefde wat jy in Christus Jesus het. Bewaar met die hulp van die Heilige Gees wat in ons woon, die kosbare skat wat aan jou toevertrou is. (NLV)

Dit is Paulus wat aan sy dissipel Timoteus skryf, dat hy aan die waarheid moet vashou en versigtig moet wees vir die duistere magte, wat toe al baie aktief was. Maar hoe gaan ons in hierdie donker tye dit regkry om dít wat ons geleer het, te bewaar? Om hierdie deposito van God se genade en waarheid wat aan ons toevertrou is, te behou? Daar is net een manier en dit is met die hulp van die Heilige Gees wat in ons woon!

Hou deur die krag van God vas aan die waarheid. Moet dit nooit laat gaan nie.

Dit is Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.


We use cookies to improve your browsing experience, analyse site traffic & personalise content, but we do not track you when you leave this site. To find out how we utilise & protect your data, check out our "Privacy Policy".

Privacy Policy