... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Jou Maatstaf van Sukses

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

2 Korintiërs 10:12,18 Ons waag dit natuurlik nie om ons op een lyn te stel of te vergelyk met sekere mense wat so ‘n danige dunk van hulleself het nie. Hulle is dom: hulle meet hulleself aan hulle eie maatstaf met hulleself. Die man wat die proef deurstaan het, is nie die een wat homself prys nie, maar die een wat deur die Here geprys word.

Listen to the radio broadcast of

Jou Maatstaf van Sukses


Download audio file

Verwaande mense, wat optree asof hulle altyd 100% reg is en almal dwing om na hulle pype te dans, is aaklig. Hulle laat ons gewone ouens minderwaardig voel. Hulle is die tipe ou wat jou mooi laat verstaan, hulle is beter as jy; hulle het die ‘t-hemp wat sê hulle was al daar en het dit al gedoen’!

Ek moet jou sê, ek ly nie aan ‘n swak selfbeeld nie, maar deur die jare het ander mense se verwaandheid my al my eiewaarde laat bevraagteken. Dit gebeur deesdae baie minder, maar dit gebeur steeds nou en dan. Met die ouderdom het daar gelukkig wysheid gekom en my geleer dat ander mense se opinies nie my maatstaf van sukses is nie. Dit is ‘n moeilike les om te leer, maar ‘n belangrike les. Dit is hoe die apostel Paulus dit gestel het in:

2 Korintiërs 10:12 Ons waag dit natuurlik nie om ons op een lyn te stel of te vergelyk met sekere mense wat so ‘n danige dunk van hulleself het nie. Hulle is dom: hulle meet hulleself aan hulle eie maatstaf met hulleself.

Hierdie verwaande mense het hul eie standaarde waarvolgens hulle hulself en ander oordeel. En hoe harder hulle skree, hoe meer eiewys hulle is, hoe meer hulle hulle wil en op jou en my probeer afdwing, hoe meer bewys hulle dat hulle niks weet nie.

Die feit is, dat wanneer jy jouself aan hierdie mense se standaarde meet, gebruik jy die verkeerde maatstaf van sukses. Kom ons kyk wat is die regte maatstaf om te gebruik.

In 2 Korintiërs 10:18 staan: Die man wat die proef deurstaan het, is nie die een wat homself prys nie, maar die een wat deur die Here geprys word.

Die regte maatstaf van “sukses” (wat die woord ook al vir jou beteken) word nie deur hulle bepaal nie, maar deur dit wat God sê. God vra ons om vriendelik, nederig en vergewensgesind te wees; om selfs die ander wang te draai en die ekstra myl te stap…

Wat tel, is om deur die Here geprys te word.

Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.