... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Kom, Volg My

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favourites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Matteus 4:18-20 Eendag toe Jesus langs die See van Galilea loop, sien Hy twee broers: Simon, wat ook Petrus genoem word, en sy broer Andreas. Hulle was besig om 'n werpnet in die see uit te gooi, want hulle was vissers van beroep. Hy sê toe vir hulle: “Kom hier! Kom saam met My, en Ek sal julle vissers van mense maak.” Hulle het dadelik die nette gelos en Hom gevolg.

Listen to the radio broadcast of

Kom, Volg My


Download audio file

Ek wonder, wanneer laas het jy Jesus met jou hoor praat? Wanneer laas het jy gehoor hoe Hy jou roep om Hom te volg? Wat sê jy? Wanneer laas?

Ek kyk nou die dag na ‘n foto wat deur Ken Duncan geneem is. Dit is ‘n onlangse foto van ‘n visserman in sy boot op die See van Galilea; die plek waar Jesus vir Petrus en Andreas, Jakobus en Johannes gevind het.

Oukei, die man dra jeans en ‘n sweetpak-top. En ja, daar is ‘n buiteboord Mercury-enjin agterop die boot. Maar dit was die plek waarheen Jesus gegaan het om sy dissipels te kies, en dit het my laat dink. Dit was nie in die tempel nie. Nie by die beste teologiese kweekskool in Jerusalem nie. Nie eers in die plaaslike sinagoge nie. Aikona! Jesus het na Galilea gegaan waar die vissersbote ingekom het.

Dit was ‘n gewone plek vol gewone mense soos ek en jy, wat daardie dag, ‘n buitengewone man ontmoet het. Ons lees in:

Matteus 4:18-20 Eendag toe Jesus langs die See van Galilea loop, sien Hy twee broers: Simon, wat ook Petrus genoem word, en sy broer Andreas. Hulle was besig om ‘n werpnet in die see uit te gooi, want hulle was vissers van beroep. Hy sê toe vir hulle: “Kom hier! Kom saam met My, en Ek sal julle vissers van mense maak.” Hulle het dadelik die nette gelos en Hom gevolg.

Dink net: jy is besig om alles netjies en skoon te maak en op te pak na ‘n lang nag se werk daar buite op die water en hier kom Jesus en sê: “Kom, volg my.” En wat het die manne gedoen? Hulle het dadelik die nette gelos en Hom gevolg.

En dit is wat Hy vandag nog doen. Hy roep gewone mense op gewone plekke. Kom saam met My

Dis God se Woord. Vars … vir jou … vandag.


We use cookies to improve your browsing experience, analyse site traffic & personalise content, but we do not track you when you leave this site. To find out how we utilise & protect your data, check out our "Privacy Policy".

Privacy Policy

Sorry, no video available

Due to the 2020 COVID-19 situation there’s no video for this program. Enjoy the audio & text and remember, there’s lots more in the Media Lounge. Thank you for your understanding.

Visit the Media Lounge