... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Maak Seker van die Feite

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favourites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Johannes 16:13,14 Wanneer Hy kom, die Gees van die waarheid, sal Hy julle in die hele waarheid lei. Wat Hy sal sê, sal nie van Homself kom nie: Hy sal net sê wat Hy hoor, en Hy sal die dinge wat gaan kom, aan julle verkondig. Hy sal My verheerlik, want wat Hy van My ontvang, sal Hy aan julle verkondig.

Listen to the radio broadcast of

Maak Seker van die Feite


Download audio file

Fopnuus is nie net ‘n politieke cliché nie. Dit is ‘n diepgaande probleem, vol swak akteurs en selfs skelm regerings, wat doelbewus sosiale saamhorigheid ondermyn, deur leuens op ‘n massiewe skaal te vervaardig.

Vryheid van spraak en die gebrek van aanspreeklikheid op daardie platforms, het die sosiale media baie mag gegee. In reaksie op al die fopnuus, het sommige platforms (veral Facebook, maar ook ander) “feite-kontrole”-regimes in plek gestel.

Dis ‘n oulike idee, maar die probleem daarmee is dat die waarheid, in hierdie tyd waarin ons leef, baie afhanklik is van wie daarna kyk. Die politieke en ideologiese perspektief van die sogenaamde feite-kontroleerders, word deur baie mense as net nog ‘n dimensie van die vals-nuus-probleem beskou.

Nou ja, hoe bepaal óns, wat in Jesus glo, wat die waarheid werklik is? Ons lees hoe Jesus dit gestel het in:

Johannes 16:13,14 Wanneer Hy kom, die Gees van die waarheid, sal Hy julle in die hele waarheid lei. Wat Hy sal sê, sal nie van Homself kom nie: Hy sal net sê wat Hy hoor, en Hy sal die dinge wat gaan kom, aan julle verkondig. Hy sal My verheerlik, want wat Hy van My ontvang, sal Hy aan julle verkondig.

Dit is so maklik om vasgevang te word in ‘n ideologie hier, of ‘n dogma daar; tot op die punt waar baie Christene se politieke agendas meer relevant is, as dít wat Jesus ons geleer het.

As Hy waarlik die Here van ons lewens is, dan moet sy Woord die belangrikste element in ons lewens wees; sy Gees van waarheid moet ons harte en verstand oorheers, sy troon is die enigste troon waarvóór ons knieë moet buig.

Laat die Gees van die waarheid toe om Jesus in jou lewe te verheerlik, terwyl jy al die ander gode versaak.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.


We use cookies to improve your browsing experience, analyse site traffic & personalise content, but we do not track you when you leave this site. To find out how we utilise & protect your data, check out our "Privacy Policy".

Privacy Policy

Sorry, no video available

Due to heavy rains that flooded our TV studio, there’s no video for today’s Fresh. Enjoy the audio & text and remember, there’s lots more in the Media Lounge. Thank you for your understanding.