... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Melk en Heuning

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favourites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Eksodus 3:17 Ek het besluit om julle te laat wegtrek uit die ellende van Egipte na die land van die Kanaäniete, Hetiete, Amoriete, Feresiete, Hewiete en Jebusiete, na 'n land wat oorloop van melk en heuning.’

Listen to the radio broadcast of

Melk en Heuning


Download audio file

Daar is deesdae so ‘n groot verskeidenheid van goeie dinge, groot dinge daar buite, waarop ek en jy ons geld kan spandeer. Soveel meer dinge as wat daar was, toe ek grootgeword het. Nou vra ek myself af: hoekom is mense dan nie nou gelukkiger as destyds nie?

‘n Rukkie gelede was ek redelik siek met die een of ander virus. My stem was hees, my koors was hoog en ek het so gedreineer gevoel, en geen energie gehad nie. En skielik het my liggaam instinktief gesmag na warm melk en heuning.

Met my eerste slukkie, stroom die energie terug en voel ek dadelik  baie beter. Dit is ‘n uitstekende kombinasie, melk en heuning. As die liggaam daardie spesiale iets nodig het, is die kombinasie van melk en heuning net die beste.

Dit is ‘n kombinasie waaroor God eintlik iets te sê het. Kom ons kyk in:

Eksodus 3:17 Ek het besluit om julle te laat wegtrek uit die ellende van Egipte na die land van die Kanaäniete, Hetiete, Amoriete, Feresiete, Hewiete en Jebusiete, na ‘n land wat oorloop van melk en heuning.’

Is dit nie wonderlik dat God vir die Israeliete hul eie land belowe nie, ‘n land wat oorloop van melk en heuning. So eenvoudig, so wondermooi.

Ek dink dat ons soms die eenvoudige, mooi dinge wat God rondom ons sit, net om ons te versterk, en te seën, aan te moedig en te laat glimlag, al te maklik mis kyk.

Ons raak so meegevoer deur die dinge wat ons dink is belangrik, dat ons die voortreflike dinge waarmee God ons wil seën, misloop. Hoekom is dit? Wat is dit wat ons laat vrede maak met die tweede beste; om na die apteek te jaag en walglike suigtablette te koop in plaas daarvan om net ‘n bietjie melk en heuning te drink?

Waarom doen ons dit?

Ek weet nie, maar ek dink dat ons dikwels die pot mis sit!

Dis God se Woord. Vars … vir jou … vandag.


We use cookies to improve your browsing experience, analyse site traffic & personalise content, but we do not track you when you leave this site. To find out how we utilise & protect your data, check out our "Privacy Policy".

Privacy Policy

Sorry, no video available

Due to the 2020 COVID-19 situation there’s no video for this program. Enjoy the audio & text and remember, there’s lots more in the Media Lounge. Thank you for your understanding.

Visit the Media Lounge