... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

‘n Betekenislose Geloof

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

1 Korintiërs 15:11-14 In elk geval, of dit ek is of hulle – dit is wat ons verkondig, en dit is wat julle geglo het. As ons dan verkondig dat Christus uit die dood opgewek is, hoe kan party van julle nog beweer dat daar geen opstanding van die dooies is nie? As daar geen opstanding van die dooies is nie, beteken dit dat Christus ook nie opgewek is nie. En as Christus nie opgewek is nie, is ons prediking sonder inhoud en julle geloof ook sonder inhoud.

Listen to the radio broadcast of

‘n Betekenislose Geloof


Download audio file

Deur die eeue heen is die vraag oor die werklikheid van Jesus se opstanding heftig gedebatteer. En deesdae beskou baie mense dit as ‘n mite. Ag nee, jy kan nie ernstig wees nie – opstanding uit die dood? Komaan!

Maar weet jy, daar is vandag baie goeie mense wat hulself Christene noem, wat nie in die fisiese opstanding van Jesus glo nie en dit heeltemal verwerp. Ander Christene vind dit weer so vreemd; so ver buite hul verwysingsraamwerk, so bo-natuurlik … dat hulle dit eenkant toe skuif – ek wil regtig nie daaraan dink nie.

Dit is egter niks nuuts nie. Trouens, dit kom al ‘n lang pad. Dit het alles begin, kort nadat Jesus op aarde geleef het, gekruisig is en weer opgestaan het. Paulus berispe die Korintiërs oor hierdie selfde onlogiese argumente in: 

1 Korintiërs 15:11-14 In elk geval, of dit ek is of hulle – dit is wat ons verkondig, en dit is wat julle geglo het. As ons dan verkondig dat Christus uit die dood opgewek is, hoe kan party van julle nog beweer dat daar geen opstanding van die dooies is nie? As daar geen opstanding van die dooies is nie, beteken dit dat Christus ook nie opgewek is nie. En as Christus nie opgewek is nie, is ons prediking sonder inhoud en julle geloof ook sonder inhoud.

Dit is baie reguit gestel, nè? As Jesus nie uit die dood opgewek is nie, sal jy of ek, of enigiemand anders wat Hom vertrou, ook nie sy belofte van die Ewige Lewe ontvang nie.

Die opstanding van Jesus is iets wat jy nie kan ignoreer nie, tensy jy natuurlik jou Ewige Lewe wil prysgee.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.