... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

‘n Kragtige Kombinasie

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favourites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Daniël 6:19-23 Die koning is na sy paleis toe en het 'n slaaplose nag deurgebring; hy het niks geëet nie en het niks gedoen om die tyd te probeer verdryf nie. Die volgende môre vroeg toe dit lig word, het hy opgestaan en is hy haastig na die leeukuil toe. Toe hy naby die leeukuil kom, het hy angstig na Daniël geroep en vir hom gevra: “Daniël, dienaar van die lewende God, was jou God wat jy met soveel volharding dien, in staat om jou van die leeus te red. Toe antwoord Daniël: “Mag die koning baie lank lewe! My God het sy engel gestuur om die bekke van die leeus toe te sluit sodat hulle my niks kon aandoen nie, want Hy het bevind dat ek nie teen Hom oortree het nie. Ook teenoor u het ek niks verkeerds gedoen nie, U Majesteit.”

Listen to the radio broadcast of

‘n Kragtige Kombinasie


Download audio file

Soos ons gister gesien het, kan ‘n gees van uitnemendheid die demone van middelmatigheid in sommige van die mense om ons opwek. Uitnemende prestasie het kritici en vyande. Hoe hanteer jy dit? Wat is die oplossing?

Die ding wat Daniel al die jare gelede in die leeukuil laat beland het, was die jaloesie van sy eweknieë toe hy bo hulle verhef is. Hy was bevorder omdat hy eerlik en ordentlik was en hard gewerk het. Daniël het ‘n gees van uitnemendheid gehad.

Daniël se kollegas het saamgesweer, koning Darius bedrieg, en geglo dat dit hulle probleem opgelos het. Hy is in die leeukuil gegooi, dit is verseël met ‘n groot rots. Einde van die storie. Maar ons sien in:

Daniël 6: 19-23 Die koning is na sy paleis toe en het ‘n slaaplose nag deurgebring; hy het niks geëet nie en het niks gedoen om die tyd te probeer verdryf nie. Die volgende môre vroeg toe dit lig word, het hy opgestaan en is hy haastig na die leeukuil toe. Toe hy naby die leeukuil kom, het hy angstig na Daniël geroep en vir hom gevra: “Daniël, dienaar van die lewende God, was jou God wat jy met soveel volharding dien, in staat om jou van die leeus te red?” Toe antwoord Daniël: “Mag die koning baie lank lewe! My God het sy engel gestuur om die bekke van die leeus toe te sluit sodat hulle my niks kon aandoen nie, want Hy het bevind dat ek nie teen Hom oortree het nie. Ook teenoor u het ek niks verkeerds gedoen nie, U Majesteit.”

Dit is maklik om moedeloos te raak as jy hard werk, jou beste lewer, en dan as gevolg daarvan, in die rug gesteek word. Maar dit is presies wat telkens gebeur. Wat is die oplossing?

Wees in elk geval uitnemend en laat die res aan God oor! Wees in elk geval uitstekend, en vertrou op dié God wat in staat is om jou te beloon en te red.

die bekke van die leeus toe te sluit sodat hulle my niks kon aandoen nie, want Hy het bevind dat ek nie teen Hom oortree het nie.

Uitnemendheid en geloof is ‘n kragtige kombinasie.

Dis God se Woord. Vars … vir jou … vandag.