... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

‘n Nuwe Denkwyse

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favourites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Johannes 6:28,29 Hulle het toe vir Hom gesê: “Wat moet ons doen om God se wil uit te voer?” Jesus het hulle geantwoord: “Dít is God se opdrag aan julle: Glo in Hom wat die Vader gestuur het.” (NLV)

Listen to the radio broadcast of

‘n Nuwe Denkwyse


Download audio file

Ek weet nie van jou nie, maar ek het hierdie doelwit om elke dag ‘n beter mens te word. Bietjie vir bietjie, dag vir dag, wil ek my swakhede en mislukkings oorbrug; sodat, ek uiteindelik meer en meer soos Jesus word.

En dit is nie ‘n slegte doelwit nie. Beslis nie, maar soms is dit een tree vorentoe, twee treë terug. Maar kom nou, ons moet eerlik wees oor ons swakhede. Ons moet die geneigdheid om dieselfde foute oor en oor te begaan, konfronteer.

Hoekom? Nie net om meer soos Christus te word nie (want dit is vanselfsprekend die doel van elkeen wat in Jesus glo; en Hom wil volg en sy dissipel wil wees), maar ook, omdat ons swakhede, mislukkings, foute … sonde, gevolge het. Hulle verwoes ons lewens en ons verhoudings.

Maar daar is iewers ‘n subtiele slagyster waarin ons geneig is om te trap. Dis die fyn lyn tussen ‘n hartsbegeerte om meer en meer soos Jesus te wees, en die gevaar om in wettisisme te verval; om te dink dat om “‘n Christen” te wees, alles oor die nakoming van reëls gaan.

’n Groepie mense wat sekerlik vir God met hulle hele hart wou dien, het vir Jesus ’n baie belangrike vraag gevra, waarop Hy ’n interessante antwoord gegee het:

Johannes 6:28,29 Hulle het toe vir Hom gesê: “Wat moet ons doen om God se wil uit te voer?” Jesus het hulle geantwoord: “Dít is God se opdrag aan julle: Glo in Hom wat die Vader gestuur het.” (NLV) 

Nee, kyk mooi, dis nie jou werk, en my werk, om hard te probeer om ‘n beter mens te word nie. Wat Jesus regtig van ons vra, is om dag vir dag in Hom te glo, sodat ons bietjie vir bietjie meer soos Hy sal word.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.