... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

‘n Nuwe Lewenstyl

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Johannes 13:34,35 Ek gee julle 'n nuwe gebod: julle moet mekaar liefhê. Soos Ek julle liefhet, moet julle mekaar ook liefhê. As julle mekaar liefhet, sal almal weet dat julle dissipels van My is.”

Listen to the radio broadcast of

‘n Nuwe Lewenstyl


Download audio file

Ons het gister oor eiebelang gesels, want al te dikwels stel ons, ten koste van ander wat ons hulp nodig het, heeltemal te veel in onsself belang. Nou ja, wat is die alternatief? Hoe leef ons anders?

Ek weet nie of jy al gevoel het asof al daardie “godsdienstige dinge” waarvan die Christene so ‘n ophef maak, baie ver van die realiteite van die lewe, hier in die 21ste eeu verwyderd is nie? Dit pas regtig nie in by vandag se besige lewe, by die werk en by die huis, en tussen die spanning in jou gesin en die probleme met jou finansies nie.

Maar, nee dis nie waar nie! Veral wanneer dit kom by ‘n lewe wat nie om die self wentel nie, maar een wat ander mense se lewens op ‘n ryk, betekenisvolle manier raak. Dit is waarvan Jesus gepraat het toe Hy dit gesê het in:

Johannes 13:34,35 Ek gee julle ‘n nuwe gebod: julle moet mekaar liefhê. Soos Ek julle liefhet, moet julle mekaar ook liefhê. As julle mekaar liefhet, sal almal weet dat julle dissipels van My is.”

Miskien is daardie woorde so bekend, dat dit maklik is om dit ligtelik op te neem. Maar kom ons stop net daar … en dink na oor hoe ons lewens sou gelyk het, as ons só geleef het. Ronald Reagan het gesê: Leef eenvoudig, wees vrygewig met jou liefde, gee opreg om, praat vriendelik met ander ….

Is dit nie waarvan Jesus regtig hier praat nie? Watter verskil sal dit nie maak om daardie liefde in jou werkplek, in jou huis, met jou finansies … in die lewens van ander uit te leef nie?

Leef eenvoudig. Wees vrygewig. Gee werklik om. Praat mooi.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.