... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

‘n Pynlik Eerlike Redder

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Johannes 8:42-44 Maar Jesus sê vir hulle: “As God julle Vader was, sou julle My liefhê, want Ek het van God af gekom, en hier is Ek nou. Ek het immers ook nie uit my eie gekom nie, maar Hý het My gestuur. Waarom begryp julle nie wat Ek sê nie? Omdat julle my boodskap nie kán verstaan nie! Julle is kinders van die duiwel; hy is julle vader, en julle wil doen wat julle vader wil hê julle moet doen. Hy was van die begin af 'n moordenaar. En hy staan nie aan die kant van die waarheid nie, omdat daar geen waarheid in hom is nie. Wanneer hy leuentaal praat, is dit volgens sy aard, want hy is 'n leuenaar en die vader van die leuen.

Listen to the radio broadcast of

‘n Pynlik Eerlike Redder


Download audio file

Nie een van ons hou daarvan om aanstoot te gee nie. Soms neem ons aanstoot, wanneer iemand iets kwaadwillig vir ons sê. Maar dis ‘n ander saak wanneer iemand vir ons die waarheid vertel, wat ‘n rou senuwee aanraak.

Ek was onlangs in ‘n vergadering met ‘n ander leraar. Hy het dinge gesê oor sy insig van God se roeping op my lewe, wat vir my heeltemal aanstootlik was. Ek was baie geskok. Ek het die keuse gehad om aanstoot te neem, maar ek het gekies om nie aanstoot te neem nie. Maar jy weet hoe dit voel nè? Dis glad nie lekker nie.

Maar dis so maklik om aan God as die liefdevolle God, wat ons nimmer as te nooit sal beledig nie, te dink. Ons is immers tog spesiaal vir Hom?

Maar kyk wat Jesus vir ‘n groepie Jode sê:

Johannes 8:42-44 Maar Jesus sê vir hulle: “As God julle Vader was, sou julle My liefhê, want Ek het van God af gekom, en hier is Ek nou. Ek het immers ook nie uit my eie gekom nie, maar Hý het My gestuur. Waarom begryp julle nie wat Ek sê nie? Omdat julle my boodskap nie kán verstaan nie! Julle is kinders van die duiwel; hy is julle vader, en julle wil doen wat julle vader wil hê julle moet doen. Hy was van die begin af ‘n moordenaar. En hy staan nie aan die kant van die waarheid nie, omdat daar geen waarheid in hom is nie. Wanneer hy leuentaal praat, is dit volgens sy aard, want hy is ‘n leuenaar en die vader van die leuen.

Sal jy aanstoot neem as Jesus so met jou praat? Waarskynlik. Maar wanneer dit vir ons voel asof Hy ons aanspreek en beledig, is sy doel nie om ons seer te maak nie. Sy doel is om vir ons ‘n waarheid te vertel wat ‘n rou senuwee aanraak.

En wanneer dit gebeur, is dit tyd om te luister.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.