... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Nog ‘n Jaar is Verby

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Prediker 7:10 Moenie sê in die ou dae was dit beter as nou nie; dit is nie uit wysheid dat 'n mens so sê nie.

Oujaarsdag nè? Hier is ons. Dit is ‘n tyd waarin ons oor allerhande snaakse dinge dink. Ons kyk terug na die afgelope jaar en ons dink ‘n bietjie aan die jaar wat voorlê … en ons besin oor die verloop van die lewe. Hier is ons, nog ‘n jaar is verby. Hoe was jou jaar? ‘n Goeie jaar, was dit net oukei, of was dit ‘n skok? Ons begin elke jaar met die hoop dat dit ‘n goeie een sal wees, maar dit is nie altyd so nie. Is dit? Jy begin dink: “Dit was nog nooit so erg nie. Dinge was soveel beter, terug in die goeie ou dae. Wat het van die lewe geword?” Dit is snaaks hoe ons so maklik deur ‘n rooskleurige bril na daardie goeie ou dae terugkyk, en dan maak ons onsself wys dat dinge waarskynlik nooit weer so goed sal wees nie. As jy al ooit in daardie strik beland het, dan is hier goeie raad vir jou in Prediker 7:10:  Moenie sê in die ou dae was dit beter as nou nie; dit is nie uit wysheid dat ‘n mens so sê nie. Die waarheid is dat hierdie jaar verby is. Dit is klaar en afgehandel. Ons kan daar niks aan verander nie, maak nie saak hoe graag ons wil nie. Maar die idee dat dinge nooit weer so goed sal wees nie, is ‘n waansinnige beperkende manier van dink – jammer om dit so kras te stel, maar dit is. Moet dit nie doen nie, dis een van die slegste dinge wat ons kan doen. Môre … more is ‘n Nuwe Jaar. En God … God is ‘n goeie God. Ek wil jou vandag aanmoedig om met verwagting uit te sien na wat Hy vir jou beplan het. Moenie sê in die ou dae was dit beter as nou nie; dit is nie uit wysheid dat ‘n mens so sê nie. Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.


We use cookies to improve your browsing experience, analyse site traffic & personalise content, but we do not track you when you leave this site. To find out how we utilise & protect your data, check out our "Privacy Policy".

Privacy Policy

Sorry, no video available

Due to the 2020 COVID-19 situation there’s no video for this program. Enjoy the audio & text and remember, there’s lots more in the Media Lounge. Thank you for your understanding.

Visit the Media Lounge