... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Sien af van die Formule

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Jeremia 33:3 Roep My aan, Ek sal jou antwoord en jou vertel van groot en onverstaanbare dinge waarvan jy nie weet nie.

Listen to the radio broadcast of

Sien af van die Formule


Download audio file

Kan ek jou vandag vra, hoe bid jy? Wat is jou benadering? Waaraan dink jy as jy bid?  Mense, selfs Christene, praat baie oor gebed, maar hulle vertel ons nie hoe ons moet bid nie.

Die woord “gebed” laat party mense dink aan rituele of formules. Jy weet mos; jy moet op ‘n sekere plek wees, die regte klere aanhê en die regte woorde op die regte manier bid. En as jy dít regkry, sal God jou nie straf nie en kan jy selfs kry waarvoor jy ook al vra.

Dis waarmee ek grootgeword het. Maar toe eendag sit ek en dink: “As dit is hoe gebed werk, wie het dit dan nodig?” Met die gevolg dat ek toe vir twintig jaar nooit gebid het nie. Dit is ‘n lang tyd om in die woestyn deur te bring.

In my laat dertigerjare, toe al my hoop en drome in skerwe gelê het, het ek uit pure desperaatheid weer begin bid.

Nie met formules nie, o nee, ek het net my hart by God uitgestort. En tot my absolute verbasing het God my begin antwoord. Sy antwoorde was nie wat ek altyd verwag het nie. Ek het gehoop dat Hy ‘n towerstaf sou waai en al my probleme sou oplos. Maar Hy het iets heel anders in gedagte gehad.

In Jeremia 33:3 staan: Roep My aan, Ek sal jou antwoord en jou vertel van groot en onverstaanbare dinge waarvan jy nie weet nie.

Ek het toe tot God geroep, Hy het my wel geantwoord … maar sy antwoorde was sy wysheid en die aanmoediging wat ek nodig gehad het om deur die moeilike tye te kom, nie ‘n towerstaf om die probleme in ‘n oogwink te laat verdwyn nie.

Gebed. Dit is nie ‘n formule nie. Word eerlik. Roep tot God en Hy sal jou antwoord.

Dit is Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.


We use cookies to improve your browsing experience, analyse site traffic & personalise content, but we do not track you when you leave this site. To find out how we utilise & protect your data, check out our "Privacy Policy".

Privacy Policy

Sorry, no video available

Due to the 2020 COVID-19 situation there’s no video for this program. Enjoy the audio & text and remember, there’s lots more in the Media Lounge. Thank you for your understanding.

Visit the Media Lounge