... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Skaaf totdat dit Pas

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Maleagi 2:16 Die Here die God van Israel sê Hy haat egskeiding. Egskeiding is niks anders as geweld nie, sê die Here die Almagtige. Beheers julle, moenie ontrou wees nie.

Listen to the radio broadcast of

Skaaf totdat dit Pas


Download audio file

Egskeiding is ‘n onderwerp waarna ek van tyd tot tyd terugkom, want ons sien op ‘n globale skaal hoe dit nie slegs huwelike vernietig nie, maar ook lewens en gesinne met verwoestende gevolge uitmekaar skeur.

Laat ek met die deur in die huis val – ek wil jou vertel dat ek deur ‘n egskeiding is. Dit het lank gelede gebeur en dit was beslis nie my keuse nie. Vandag is ek rasend gelukkig getroud met Jacqui, die mooiste vrou, wat God ‘n paar jaar ná daardie verskriklike ervaring vir my gegee het.

Die ding wat óf die man óf die vrou tot ‘n egskeiding dryf,

is die idee dat hulle met die verkeerde persoon getrou het. Hulle maak hulself wys dat hulle nooit bymekaar gaan pas nie.

Maar soos een sielkundige, Philippa Perry, dit in ‘n onlangse koerantberig gestel het: Wat ‘n goeie verhouding bepaal, is nie om die “regte” persoon te vind nie. Niemand is “reg” vir enigiemand anders nie. Wat iemand “reg” maak, is toewyding. Wanneer jy jouself tot iemand verbind, verander jy terselfdertyd en saam met hulle, soos “twee klippe wat op mekaar skuur totdat hulle skielik pas”. Dit gaan dus oor die groei in die verhouding, nie oor die vooraf besluit om “ja” te sê nie.

Dit is voorwaar wyse woorde. En ons sien God se perspektief in:

Maleagi 2:16 Die Here die God van Israel sê Hy haat egskeiding. Egskeiding is niks anders as geweld nie, sê die Here die Almagtige. Beheers julle, moenie ontrou wees nie.

Wanneer iemand tot die gevolgtrekking kom dat hul gade nie die “regte” een is nie, begin hulle na die verste groen gras soek; en ons weet dat die gras aan die ander kant van die draad altyd groener kyk. 

Niemand is ooit “reg” vir enigiemand anders nie. Slyp maar saam totdat julle pas. Mans en vrouens, beskerm julle geestelike eenheid.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.


We use cookies to improve your browsing experience, analyse site traffic & personalise content, but we do not track you when you leave this site. To find out how we utilise & protect your data, check out our "Privacy Policy".

Privacy Policy

Sorry, no video available

Due to heavy rains that flooded our TV studio, there’s no video for today’s Fresh. Enjoy the audio & text and remember, there’s lots more in the Media Lounge. Thank you for your understanding.