... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Staan Dus Vas!

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Filippense 3:20,21 en 4:1 Maar ons is burgers van die hemel, van waar af ons ook die Here Jesus Christus as Verlosser verwag. Deur die krag waarmee Hy alles aan Homself onderwerp, sal Hy ons nederige liggame verander om soos sy verheerlikte liggaam te wees. Daarom, my broers, moet julle vas staan en getrou bly aan die Here. Ek het julle baie lief en verlang na julle. Julle is my blydskap en my kroon.

Listen to the radio broadcast of

Staan Dus Vas!


Download audio file

Dit lyk asof ons vyand, die duiwel, soveel maniere gevind het om ons geloof te ondermyn. Sy metodes wissel van versoeking en vervolging, tot die subtiele sosiale invloede waaraan ons blootgestel en waardeur ons genadeloos van koers af gesleep word. Moenie hom onderskat nie. Hoe hy ook al in jou lewe werk; verstaan dat jy in ‘n geestelike stryd gewikkel is.

Gister het ons gesien dat as jy in Jesus glo, jou burgerskap in die hemel is; dat jy ‘n vreemdeling op hierdie aarde is; en dat jou eindbestemming die ewigheid in God se teenwoordigheid is. Dit werp ‘n heel ander lig op ons lewens.

Kom ons kyk weer na die gedeelte, maar hierdie keer voeg ons ‘n vers van die volgende hoofstuk by:

Filippense 3: 20, 21en 4: 1 Maar ons is burgers van die hemel, van waar af ons ook die Here Jesus Christus as Verlosser verwag. Deur die krag waarmee Hy alles aan Homself onderwerp, sal Hy ons nederige liggame verander om soos sy verheerlikte liggaam te wees.

Daarom, my broers, moet julle vas staan en getrou bly aan die Here. Ek het julle baie lief en verlang na julle. Julle is my blydskap en my kroon.

Wat die skrywer, Paulus, hier sê, is dat ons moet vasstaan in ons geloof in Christus, omdat Hy terugkom om ons huis toe te neem, en dat ‘n ewigheid by Hom vir ons voorlê. 

Waarteen moet ons vasstaan? Teen versoeking, teen vervolging, teen die subtiele, sondige invloede van die kultuur om ons; omdat die duiwel jou wil verlei en jou van jou erfenis wil beroof.

Staan dus onwrikbaar vas. Jy weet van die wonderlike toekoms wat vir jou voorlê; ‘n toekoms wat Jesus vir jou voorberei het vir die dag wanneer Hy jou kom haal. Ek sê dit weer. Staan vas in Christus.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.