... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Sy Getroue Liefde

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favourites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Klaagliedere 3:22,23 ... ja, sy ontferming ken geen einde nie. Dit is elke oggend weer nuut – groot is u getrouheid. (AFR20)

Listen to the radio broadcast of

Sy Getroue Liefde


Download audio file

Liefde is ‘n woord wat ons almal graag gebruik. En ons dink nogal ons verstaan wat dit beteken. En tog, eers wanneer ons die liefde van God self ervaar, besef ons dat ons tot op daardie stadium geen idee van liefde gehad het nie.

As jy van buite na ‘n huis kyk, het jy geen idee wat onder die huis aangaan nie. As die fondament sterk is, sal die huis lank staan, maar as dit nie is nie, sal dit binnekort inmekaar stort.

As jy al ooit ‘n huis gebou het, sal jy weet dat die fondament nie juis die mees glansryke deel van die gebou is nie. Jy sal nooit eers die fondament sien wanneer die huis klaar is nie. Maar as dit nie solied is nie, weet jy die res het nie ‘n kans om te bly staan nie…

Die Bybel praat oor en oor van God se standvastige liefde. Dit is ‘n vreemde woordkeuse as jy daaraan dink; want ons dink aan liefde as, as ‘n gevoel: warm, sag, donsig en ja, romanties. Dit lyk asof “standvastig” net nie daar pas nie.

En tog is die standvastige, onbeweeglike, rotsvaste liefde van God die beste, moontlike grondslag vir jou en my lewe. Dit maak nie saak wat ook al in jou lewe met jou gebeur en watter storms of aardbewings dreig om jou te ontwortel nie, dit is die volmaakte, betroubare liefde van God wat jou geanker hou. Dit is die onbeweeglike liefde van God wat jou staande hou.

Klaagliedere 3: 22,23  … ja, sy ontferming ken geen einde nie. Dit is elke oggend weer nuut – groot is u getrouheid. (AFR20)

Hierdie boek is geskryf deur ‘n man wat die verwoesting, wat die Babiloniërs in Jerusalem aangerig het, ondersoek. Hy huil, hy kla, hy probeer die trauma verwerk. Maar toe besef hy …

Die liefde van die Here hou nooit op nie, sy ontferming is nimmereindigend – dis elke oggend nuut; sy getrouheid is onpeilbaar groot.

Dis God se Woord. Vars … vir jou … vandag.


We use cookies to improve your browsing experience, analyse site traffic & personalise content, but we do not track you when you leave this site. To find out how we utilise & protect your data, check out our "Privacy Policy".

Privacy Policy

Sorry, no video available

Due to the 2020 COVID-19 situation there’s no video for this program. Enjoy the audio & text and remember, there’s lots more in the Media Lounge. Thank you for your understanding.

Visit the Media Lounge