... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Verskonings vir Onbetrokkenheid

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favourites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Matteus 5:38-42 “Julle het gehoor dat daar gesê is: ‘'n Oog vir 'n oog en 'n tand vir 'n tand.’ Maar Ek sê vir julle: Julle moet julle nie teen 'n kwaadwillige mens verset nie. As iemand jou op die regterwang slaan, draai ook die ander wang na hom toe. As iemand jou hof toe wil vat om jou onderklere te eis, gee hom ook jou boklere. As iemand jou dwing om sy goed een kilometer ver te dra, dra dit vir hom twee kilometer. Gee aan hom wat iets van jou vra, en moet hom wat van jou wil leen, nie afwys nie.”

Listen to the radio broadcast of

Verskonings vir Onbetrokkenheid


Download audio file

As jy ‘n slegte persoon in jou lewe teëkom – jy weet mos, daardie “idioot” wat dit glad nie snap nie, wat dit nooit sál snap nie – hoe reageer jy? Handhaaf jy jou geloof, of daal jy tot sy vlak?

Of ons dit nou wil weet of nie, ons is geprogrammeer om te fokus op ons eie gemak. Ons is gekondisioneer deur ‘n ekonomiese stelsel wat deur woord-konkelaars en adverteerders aan ons voorgehou word: werk hard, verdien geld, spandeer dit op jouself. Hulle is die mense wat beloof dat hierdie selfgesentreerdheid ons lewens beter sal maak.

En daardie kondisionering veroorsaak dat ons negatief reageer te midde van teëspoed. Ons is immers “geregtig” daarop om goed te voel. Ons “verdien” die beste. Maar die lewe werk nie so nie. Ons houding is verkeerd, maar ons gebruik ander mense se gedrag as verskoning. Dis tog die bullebakke, die slegtes en die onregverdige mense wat ons so laat optree…

Ek sal hom bykom! Hoe durf hy my so behandel?

Soos ek gesê het, is ons gevoel van geregtigheid ons verskoning vir onbetrokkenheid. Maar sê nou … verdra my net … wat sal die uitkoms wees, indien ons die slegte mense in ons lewens as  geleenthede vir karakter-groei gebruik? Ons sien in:

Matteus 5: 38-42 Julle het gehoor dat daar gesê is: ‘’n Oog vir ‘n oog en ‘n tand vir ‘n tand.’ Maar Ek sê vir julle: Julle moet julle nie teen ‘n kwaadwillige mens verset nie. As iemand jou op die regterwang slaan, draai ook die ander wang na hom toe. As iemand jou hof toe wil vat om jou onderklere te eis, gee hom ook jou boklere. As iemand jou dwing om sy goed een kilometer ver te dra, dra dit vir hom twee kilometer. Gee aan hom wat iets van jou vra, en moet hom wat van jou wil leen, nie afwys nie.”

Besluit self. Onbetrokkenheid, of die ekstra myl?

Dis God se Woord. Vars … vir jou … vandag.


We use cookies to improve your browsing experience, analyse site traffic & personalise content, but we do not track you when you leave this site. To find out how we utilise & protect your data, check out our "Privacy Policy".

Privacy Policy

Sorry, no video available

Due to the 2020 COVID-19 situation there’s no video for this program. Enjoy the audio & text and remember, there’s lots more in the Media Lounge. Thank you for your understanding.

Visit the Media Lounge