... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Vertrou Volkome op die Here

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Spreuke 3:5,6 Vertrou volkome op die Here en moenie op jou eie insigte staatmaak nie. Ken Hom in alles wat jy doen en Hy sal jou die regte pad laat loop

Listen to the radio broadcast of

Vertrou Volkome op die Here


Download audio file

Ons weet dat ons geloof in Jesus moet hê. Ons weet op ‘n akademiese vlak, dat ons veronderstel is om Hom onder alle omstandighede te vertrou. Maar wanneer dinge sleg gaan, help die kennis ons nie. Die vraag is – presies hoe moet ons in Hom glo?

Daar is so baie gedeeltes in die Bybel wat ons vertel om op God te vertrou. Maar as duisternis jou omring; as jou visie vertroebel is; as jou emosies handuit ruk en as jou omstandighede teen jou draai – dan gaan jy nie sommer op jou eie bo jou omstandighede uitstyg nie! Maar hoe is jy dan veronderstel om op God te vertrou? 

Spreuke 3: 5,6 Vertrou volkome op die Here en moenie op jou eie insigte staatmaak nie. Ken Hom in alles wat jy doen en Hy sal jou die regte pad laat loop.

Dit werk nie om op jou eie manier oplossings vir jou probleem te probeer kry nie. Jy probeer jou bes, maar as jy op jou eie insig staatmaak, werk dit nie. Wat jy dan nodig het, is ‘n hartsbesluit. ‘n Tweeledige hartsbesluit.

Die eerste deel lui soos volg: wat ook al gebeur, wat ook al die omstandighede, selfs al sou dit my my lewe kos, staan ek vas en vertrou op my God. En die tweede deel? Wel, terwyl hierdie ellendige storm woed, gaan ek Hom eer in alles wat ek dink, sê en doen; met my hele lewe.

Klink dit maklik? Nee, maar weet jy, daar daal ‘n kalmte oor jou siel neer as jy ‘n vaste standpunt ingeneem het, en as jy daardie hartsbesluit geneem het. Jy weet nie hoe Hy dit gaan doen nie, maar jy weet dat Hy op ‘n stadium dinge gaan regmaak.

Ken Hom in alles wat jy doen en Hy sal jou die regte pad laat loop.

Dit is Sy Woord. Vars … vir jou … vandag..