... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Vrede vir jou Siel

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favourites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

2 Tessalonisense 3:16 Mag die Here, wat vrede gee, julle altyd in alle opsigte vrede gee! Die Here sal by julle almal wees!

Listen to the radio broadcast of

Vrede vir jou Siel


Download audio file

Vrede is ‘n onderwerp waarna ek telkens terugkom, want ‘n lewe van vrede is een van die grootste geskenke wat ons ooit uit die hand van God kan ontvang … daarom leer Hy ons om na vrede te streef; om dit ‘n prioriteit in ons lewens te maak.

Het jy op hierdie oomblik vrede? Vrede in jou hart van harte, diep binne-in jou waar jy woon; waar jy voel; waar die dinge wat regtig saak maak, aangaan. Is daar vrede of is daar woelinge?

Is jy vervul met ‘n oorweldigende gevoel van die vrede wat Jesus belowe het te midde van vervolging en versoeking, of voel jy in die geheim bekommerd?

As jy miskien meer soos laasgenoemde voel, is daar ‘n Woord, die Woord van God, wat ek vandag met jou wil deel.

2 Tessalonisense 3:16 Mag die Here, wat vrede gee, julle altyd in alle opsigte vrede gee! Die Here sal by julle almal wees!

Dit is hoe Paulus sy brief aan die gemeente in Tessalonika afsluit. Het jy al opgelet dat ons die slotwoorde dikwels miskyk. Maar dit is deel van die Woord van God, daarom weet ons dat dit lewend en kragtig is en skerper is as ‘n tweesnydende swaard. En my vriend, God se Woord wil vandag, en elke ander dag onder alle omstandighede vir jou vrede gee; Sy vrede.

So dikwels is die omstandighede waarin ons verkeer heeltemal buite beheer. In hierdie einste brief het Paulus ‘n paar moeilike, gevaarlike en angswekkende dinge aangespreek.

Maar uiteindelik spreek hy God se vrede oor die gemeente. Dit is wat ek nou met jou wil doen. Is jy gereed om dit te ontvang? Sal jy dit glo?

Mag die Here, wat vrede gee, julle altyd in alle opsigte vrede gee! Die Here sal by julle almal wees!

Dis God se Woord. Vars … vir jou … vandag.