... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Hoe Om ‘n Slegte Voorbeeld te Stel

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favourites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

1 Johannes 4:19 - 21 Ons het lief omdat God ons eerste liefgehad het. As iemand sê: “Ek het God lief,” en hy haat sy broer, is hy 'n leuenaar; want wie sy broer, wat hy kan sien, nie liefhet nie, kan onmoontlik vir God liefhê, wat hy nie kan sien nie. En hierdie gebod het ons van Hom gekry: Wie vir God liefhet, moet ook sy broer liefhê.

Listen to the radio broadcast of

Hoe Om ‘n Slegte Voorbeeld te Stel


Download audio file

Ek wil beslis nie as ‘n huigelaar gesien word nie. Nie omdat ek so sensitief is of omdat my reputasie vir my so belangrik is nie, maar omdat ‘n huigelaar, die Evangelie van Jesus Christus in oneer bring.

Ja, ek weet dat die Evangelie soms twis meebring, want menige sondaar neem aanstoot wanneer die Bybel oor sonde en bekering praat. Dis onvermydelik dat hulle hul vir jou sal vererg en hulle kan jou selfs beledig en in lelike taal uitskel. 

Maar wanneer jy ‘n Facebook-profielfoto van ‘n persoon se rooi motor sien, wat met woorde soos “Bekeer; Ware liefde; Jesus kom binnekort terug; Draai terug na God” bedek is… en wanneer dieselfde persoon op ‘n ander keer ‘n boodskap op Facebook plaas met ‘n foto van sy president wat vir hom sê om homself te gaan … ek het nie woorde nie – dit is onomwonde skynheilig, eenvoudig skynheilig.

En daardie soort ding bring nie net die Evangelie in oneer nie, maar ek kan my ook nie indink dat God dit besonder baie geniet nie.

1 Johannes 4:19 – 21 Ons het lief omdat God ons eerste liefgehad het. As iemand sê: “Ek het God lief,” en hy haat sy broer, is hy ‘n leuenaar; want wie sy broer, wat hy kan sien, nie liefhet nie, kan onmoontlik vir God liefhê, wat hy nie kan sien nie. En hierdie gebod het ons van Hom gekry: Wie vir God liefhet, moet ook sy broer liefhê.

As jy saam met broers en susters grootgeword het, sal jy weet dat daar langs die pad baie kere was wat julle nie saamgestem het nie, wat julle baklei het en argumente gehad het.

Ja, God het dit ook geweet toe Hy vir Johannes daardie woorde laat skryf het. En dit my vriend, is nie net as vriendelike raad bedoel nie, maar as ‘n opdrag.

Wie vir God liefhet, moet ook sy broer liefhê.

Moenie ‘n huigelaar wees nie!

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.


We use cookies to improve your browsing experience, analyse site traffic & personalise content, but we do not track you when you leave this site. To find out how we utilise & protect your data, check out our "Privacy Policy".

Privacy Policy