... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Word Produktief Oud

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favourites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Psalm 92:13 - 16 Die regverdiges sal sterk wees soos palmbome, soos hoë seders op die Libanon. Hulle vind hulle krag in die huis van die Here en groei op in die tempel van ons God. Selfs in hulle ouderdom sal hulle nog toeneem in krag. Hulle sal fris en lewenskragtig wees. So sal blyk dat die Here regverdig is, dat daar by Hom geen onreg is nie. Hy is my rots.

Listen to the radio broadcast of

Word Produktief Oud


Download audio file

Nie een van ons hou daarvan om vermorsing te sien nie. Ek bedoel, dit is sinneloos, nie waar nie? As jy iets het wat produktief kan wees, wat vrugte kan oplewer, wat lewens beter kan maak, hoekom sal jy dit dan in die riool afspoel?

Ek is onlangs baie beïndruk deur ‘n koerantberig oor ‘n man in sy negentigs. Everald Compton is gebore in ‘n klein, onbelangrike plattelandse dorpie, maar hy het ‘n buitengewone lewe gelei. Hy het miljoene vir liefdadigheidsorganisasies ingesamel om die armes te help. Hy het ryk geword sonder om ooit rykdom te probeer bekom. Hy was die katalisator vir die bou van ‘n spoorkorridor om sy plaaslike boeregemeenskap te ondersteun.

Hy het in alle opsigte ‘n buitengewone lewe gelei. Hy is vandag in sy negentigs. En ons sal dink dat dit vir hom ‘n tyd is om ‘n rustiger lewe te hê? Nee, glad nie! Hy het nog groot planne: “As ek elke oggend uit die bed opstaan,” het hy gesê, “dink ek altyd ek het alreeds iets goed gedoen, omdat ek uit die bed opgestaan het. En dan dink ek … met watter doel is ek vandag hier?”

Psalm 92:13 – 16 Die regverdiges sal sterk wees soos palmbome, soos hoë seders op die Libanon. Hulle vind hulle krag in die huis van die Here en groei op in die tempel van ons God. Selfs in hulle ouderdom sal hulle nog toeneem in krag. Hulle sal fris en lewenskragtig wees. So sal blyk dat die Here regverdig is, dat daar by Hom geen onreg is nie. Hy is my rots.

Ongelukkig sien jy te veel mense aftree, bloot om rustig na hul graf te verhuis. Wat ‘n vermorsing van talent en ervaring!

En dit is inderdaad nie God se plan nie. Selfs wanneer ons oud is, moet ons voortgaan om soos jong, gesonde bome vrugte te produseer. Ons is hier om vir almal te wys dat die Here goed is. Dis waarvoor jy hier is!

En dit is Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.