... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Deur Genade Verander

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favourites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

2 Petrus 3:17,18 Geliefdes, julle weet dit nou vooruit. Wees dus op julle hoede dat julle nie meegesleep word deur die dwaling van beginsellose mense en so van julle eie standvastigheid beroof word nie. Sorg daarenteen dat julle steeds toeneem in die genade en kennis van ons Here en Verlosser, Jesus Christus. Aan Hom behoort die heerlikheid, nou en tot in ewigheid! Amen.

Listen to the radio broadcast of

Deur Genade Verander


Download audio file

Elke ouer is een of ander tyd doodbang dat hul kind dalk in die verkeerde geselskap sal beland; dat bose mense hul geliefde seun of dogter op ‘n dwaalspoor sal lei. Ja, ouers ken daardie vrees.

Ek kan jou sê, ek was ook daar. Wanneer kinders grootword en hul eie pad in die wêreld begin vind, is daar ‘n soort van ‘n toutrekkery tussen die liefde, die geleerdheid, die dissipline wat hulle by die huis ontvang het, en die baie dinge “daar buite” wat hulle in die verkeerde rigting kan neem.

Watter een sal op die ou end wen? Sal die dinge wat ons hulle geleer het, die liefde wat ons hulle gegee het, op die ou end wen? Dit is die vraag wat elke ouer hulself afvra. Hier is ‘n waarskuwing in:

2 Petrus 3:17,18 Geliefdes, julle weet dit nou vooruit. Wees dus op julle hoede dat julle nie meegesleep word deur die dwaling van beginsellose mense en so van julle eie standvastigheid beroof word nie. Sorg daarenteen dat julle steeds toeneem in die genade en kennis van ons Here en Verlosser, Jesus Christus. Aan Hom behoort die heerlikheid, nou en tot in ewigheid! Amen.

Petrus se brief is geskryf in die konteks van sommige van die spotters wat die Skrif verdraai het en hulself en ander in die verderf gelei het.

Vandag is daar nog sulke mense daar buite. Ons kan dus kies om hulle te volg, of om ons geloof op Jesus te fokus en in sy genade te groei. En daardie genade, is daar om jou te red en om jou te verander.

A.W. Tozer het eenkeer opgemerk dat indien ons nie deur genade verander word nie, dit onwaarskynlik is dat ons uit genade gered is. Ek dink nie hy is ver verkeerd nie.

Wees op julle hoede dat julle nie meegesleep word deur die dwaling van beginsellose mense en so van julle eie standvastigheid beroof word nie. Sorg daarenteen dat julle steeds toeneem in die genade en kennis van ons Here en Verlosser, Jesus Christus.

Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.


We use cookies to improve your browsing experience, analyse site traffic & personalise content, but we do not track you when you leave this site. To find out how we utilise & protect your data, check out our "Privacy Policy".

Privacy Policy