... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Dié Belofte is Betroubaar

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favourites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Esegiël 36:25-27 “Dan was Ek julle met skoon water, en julle sal skoon wees. Ek maak julle skoon van julle vuilheid en julle afgode. Ek gee julle ’n nuwe hart met die regte begeertes en ’n nuwe gees. Ek vat die ou hart van sonde weg en gee julle ’n nuwe, gehoorsame hart. En Ek gee my Gees in julle sodat julle my voorskrifte sal gehoorsaam en doen wat Ek beveel. (NLV)

Listen to the radio broadcast of

Dié Belofte is Betroubaar


Download audio file

Weet jy dat daar vandag baie mense is, vir wie dit ondenkbaar is om hulle lewens aan God oor te gee; om te kies om in gehoorsaamheid aan Hom en vir Hom te lewe? Hulle kan nie aanvaar dat daar in hierdie dag en eeu, tog nog mense is wat dit wil doen nie.

Onlangs is Jess, die dogter van ons dierbare vriende, getroud. My hart het gejubel van blydskap toe sy en haar man hul lewens aan mekaar belowe het. Die vraag wat by baie mense opkom is: Hoekom trou mense vandag nog?

Die antwoord is liefde. Twee het een geword. Die feit dat hulle eksplisiet aan mekaar behoort en nie meer met ander mense sal uitgaan nie, word waarskynlik deur baie jongmense as outyds bestempel. Maar hierdie twee mense sal ‘n volledigheid ontdek, wat hulle nooit gedink het moontlik was nie.

En presies dieselfde is waar wanneer ons ons rug op die wêreld draai en ons eksklusiewe liefde belowe aan hierdie God wat ons so liefgehad het, dat Hy Jesus gestuur het om te ly en te sterf om vir ons sonde te betaal. Vanuit God se perspektief lyk dit so:

Esegiël 36:25-27Dan was Ek julle met skoon water, en julle sal skoon wees. Ek maak julle skoon van julle vuilheid en julle afgode. Ek gee julle ’n nuwe hart met die regte begeertes en ’n nuwe gees. Ek vat die ou hart van sonde weg en gee julle ’n nuwe, gehoorsame hart. En Ek gee my Gees in julle sodat julle my voorskrifte sal gehoorsaam en doen wat Ek beveel. (NLV)

En in daardie wonderlike, pragtige eenwording, in daardie oënskynlike beperking, is ‘n volledigheid, ‘n vryheid te vinde, wat nêrens anders beskikbaar is nie.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.


We use cookies to improve your browsing experience, analyse site traffic & personalise content, but we do not track you when you leave this site. To find out how we utilise & protect your data, check out our "Privacy Policy".

Privacy Policy