... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Is ‘n Naam Belangrik?

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favourites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Jesaja 43:1 Luister, so sê die Here wat jou geskep het, Jakob, wat jou gevorm het, Israel: Moenie bang wees nie, Ek verlos jou, Ek het jou op jou naam geroep, jy is Myne.

Listen to the radio broadcast of

Is ‘n Naam Belangrik?


Download audio file

Sukkel jy ook nes ek, om ‘n persoon se naam, twee minute nadat jy hom ontmoet het, te onthou? Dit is moeilik, nè? En tog is hulle naam vir húlle ongelooflik belangrik. Die feit dat ons dit vergeet, laat hulle voel dat hulle nie vir ons belangrik is nie.

Kom ons gesels oor hoe jý voel as iemand jou naam vergeet! Dit verander sommer die atmosfeer – jy ervaar die persoon op ‘n afstand en dit keer jou om ‘n nouer verhouding met hom te bou.

God is die God wat die hele heelal geskep het en onderhou. Hy is alwetend, almagtig, alomteenwoordig, barmhartig, regverdig en liefdevol om maar net ‘n paar van sy eienskappe te noem. En tog vergeet Hy nooit ‘n naam nie.

Jesaja 43:1 Luister, so sê die Here wat jou geskep het, Jakob, wat jou gevorm het, Israel: Moenie bang wees nie, Ek verlos jou, Ek het jou op jou naam geroep, jy is Myne.

Hoe het Hy vir Jakob genoem? Ek het jou op jou naam geroep, jy is Myne.

Ek en jy is nie net nommers vir Hom nie – jy is nie nommer 4465970 nie en ek nie nommer 4465971 nie. Ten spyte daarvan dat Hy die hele heelal geskep het, ten spyte daarvan dat Hy dit minuut vir minuut onderhou, ten spyte van al die dinge wat Hy aan die gang het – dinge wat Hy alles moet doen, waaraan jy nie eers in jou wildste drome kan dink nie! – ten spyte van alles … ken Hy jou naam. Hy vergeet dit nooit nie. Hy noem jou … op jou naam.

Wat sê dit vir jou van hierdie wonderlike God wat ons dien? Dit wys jou mos oor en oor hoeveel God vir jou omgee, nè?

Moenie bang wees nie, Ek verlos jou, Ek het jou op jou naam geroep, jy is Myne.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.