... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Jy is Geseënd

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favourites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

1 Korintiërs 1:4-6 Ek sê voortdurend vir God dankie vir julle, want Hy het julle, omdat julle met Christus Jesus verenig is, met genade oorlaai. Deur Hom het God julle in elke opsig ryk gemaak – ryk in elke vorm van welsprekendheid en kennis. Op hierdie manier is my boodskap aangaande Christus onder julle bevestig. (NLV)

Listen to the radio broadcast of

Jy is Geseënd


Download audio file

Kom ons wees eerlik. Daar is tye wanneer nie elke dag Krismis is nie … nee, glad nie. Dit gaan so goed met ander mense. Dit lyk asof ander mense geseënd is: in hul lewens, hul huwelike, hul finansies, wat ook al… Maar ek? Ag nee, dis net ek wat sukkel!

Ja, ons is almal net mense! Partykeer verval ons in ‘n warboel van negatiewe emosies. Dit is net natuurlik om sommige dae bek-af te wees. Dit is seker toelaatbaar; tensy dit te lank aanhou. Tensy ons gedurig lyk asof die honde ons kos afgevat het, en as ons mistroostig daar rondslof en grom vir diegene om ons. Daar gebeur nooit ooit iets goeds met my nie!

Wanneer jy in daardie gemoedstoestand verval, is dit gewoonlik omdat omstandighede soos ‘n donker wolk oor jou neergedaal het. Ja my vriend, ‘n digte mis moes op jou toegesak het en die son, wat in werklikheid nog steeds skyn, verberg het!

So, miskien is dit vandag dalk die dag om die waarheid te hoor; om ons koppe op te tel en na die Lig, wat altyd daar is vir ons en deur elke situasie skyn, te kyk.

1 Korintiërs 1:4-6 Ek sê voortdurend vir God dankie vir julle, want Hy het julle, omdat julle met Christus Jesus verenig is, met genade oorlaai. Deur Hom het God julle in elke opsig ryk gemaak – ryk in elke vorm van welsprekendheid en kennis. Op hierdie manier is my boodskap aangaande Christus onder julle bevestig. (NLV)

Indien jy jou vertroue in Hom gestel het, kan jy verseker weet dat God se genade vir jou nooit wankel nie. Dit verflou nooit nie. Dit is nie vandag hier, terwyl dit goed gaan en môre weg, wanneer dit sleg gaan nie.

En in Hom is jy in alle opsigte geseën. In watter opsigte? In elke opsig van jou menswees; …ryk in elke vorm van welsprekendheid en kennisin elke opsig.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.