... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

‘n Rein Hart

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favourites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

1 Kronieke 28:9 “En jy, Salomo, my seun, sorg dat jy die God van jou pa leer ken. Dien en aanbid Hom met jou hele hart en met ’n gewillige verstand. Want die Here sien elke hart en verstaan en ken elke plan en gedagte. As jy na Hom soek, sal jy Hom vind. Maar as jy Hom verlaat, sal Hy jou vir altyd verwerp. (NLV)

Listen to the radio broadcast of

‘n Rein Hart


Download audio file

Wat ervaar jy wanneer iemand met ‘n mooi gesindheid; met ‘n rein hart, iets vir jou doen? Is dit nie net die wonderlikste gevoel nie?

Het jy al die teenoorgestelde ervaar? Daardie gevoel, wanneer iemand iets teësinnig vir jou doen. Ons ken dit almal – jy kan dit in hul woorde hoor, of dit in hul houding aanvoel, of dit selfs in hul houding sien. Hulle sal die absolute minimum doen, terwyl die ander een wat dit met ‘n mooi gesindheid doen, jou goed die ekstra kilometer vir jou sal dra.

Jy sal dankbaar voel teenoor die ou wat dit met ‘n mooi gesindheid doen; terwyl die ander een jou sommer ontsteld sal laat voel. Hulle gesindheid verskil soos dag en nag, nie waar nie?

Dit is hoekom koning Dawid hierdie pêrel van wysheid met sy seun deel:

1 Kronieke 28:9 “En jy, Salomo, my seun, sorg dat jy die God van jou pa leer ken. Dien en aanbid Hom met jou hele hart en met ’n gewillige verstand. Want die Here sien elke hart en verstaan en ken elke plan en gedagte. As jy na Hom soek, sal jy Hom vind. Maar as jy Hom verlaat, sal Hy jou vir altyd verwerp. (NLV)

Maar hier sien ons dat God nie net ons woorde kan hoor; ons gesindheid kan aanvoel en ons houding kan sien nie … Hy weet wat in elkeen van ons se hart aangaan. Hy weet wat jy dink!

Sê my, kan jy dink hoe ons God, wat ons in ons uur van nood sal help, sal reageer op ‘n verkeerde gesindheid van ons kant af? So ‘n houding veroorsaak dat ons diens aan die Here sonder betekenis is!

Dien en aanbid Hom met jou hele hart en met ’n gewillige verstand.

Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.