... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Skandelike Gedrag

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favourites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Markus 9:33,34 Toe hulle daarna in Kapernaum by die huis kom, het Hy vir hulle gevra: “Waaroor het julle langs die pad geloop en praat?” Hulle het egter niks geantwoord nie, want hulle het langs die pad met mekaar gestry oor wie van hulle die belangrikste is.

Listen to the radio broadcast of

Skandelike Gedrag


Download audio file

Die meeste mense wil graag hê dat ander mense hulle sal bewonder. Maar weet jy, ongelukkig word ‘n mens so maklik trots. Dit begin in jou woorde; dan in jou gedrag … en op daardie punt, wel, kom ons wees eerlik, dan is dit nie meer ‘n mooi prentjie nie.

Is daar iets fout daarmee om daarna te streef om jou beste te wees, of om ‘n wenner te wees? Nie as sulks nie. Dit is goed vir ons om eerbare doelwitte te bereik. Maar wanneer ons wil wen net om iemand anders te laat verloor; wanneer ons in die rangorde wil opskuif deur op iemand te trap, dan is dit sommer net eenvoudig lelik.

Het jy al ooit daardie begeerte gehad? Wou jy al ooit net daardie agterbakse ou by die werk koudsit; ja, dáárdie ou wat altyd witvoetjie soek by die baas? Of dalk wou jy beter as die volgende persoon lyk, of wou jy hê dat mense moet dink jy is slimmer as die volgende persoon, of wat ook al? Wanneer jy so voel, wil jy dit geheim hou. Dit was presies wat in hierdie situasie gebeur het:

Markus 9:33,34 Toe hulle daarna in Kapernaum by die huis kom, het Hy vir hulle gevra: “Waaroor het julle langs die pad geloop en praat?” Hulle het egter niks geantwoord nie, want hulle het langs die pad met mekaar gestry oor wie van hulle die belangrikste is.

Waarom wou die dissipels Hom nie antwoord nie? Want hulle het geweet dat, in die lig van alles wat hulle tot dusver van Jesus gesien en gehoor het, hierdie gekibbel oor grootheid skandelike gedrag was.

Kan ek jou vra: koester jy dalk, ten koste van ander mense, sulke geheime begeertes na grootsheid? Want ons weet mos, dit is skandelik. Daarom wil ons dit geheim hou.

En dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.