... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Sout wat Laf word

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favourites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Markus 9:50 “Sout is goed, maar as sout sy krag verloor het, waarmee sal 'n mens dit weer sout maak? “Julle moet werklik sout wees en in vrede met mekaar lewe.”

Listen to the radio broadcast of

Sout wat Laf word


Download audio file

Sout is iets wat die meeste van ons daagliks gebruik. Dit gee geur aan andersins vervelige kos. Sout verbeter die geur van lekker kos nog verder. Dis iets waaraan ons selde dink, en tog is dit so belangrik.

In die ou dae was sout waarskynlik meer werd as goud. Deesdae is dit ‘n goedkoop kommoditeit. Maar as iemand ‘n smaaklose wit poeier in jou soutpot sou gooi, sal jy jou vererg en dit uitgooi. Dit kan tog niks aan die smaak verander nie. Hoekom praat Jesus in dieselfde asem van sout en van mense?

Markus 9:50 “Sout is goed, maar as sout sy krag verloor het, waarmee sal ‘n mens dit weer sout maak? “Julle moet werklik sout wees en in vrede met mekaar lewe.”

Hy vergelyk die unieke eienskappe van sout met die lewe van ‘n getroue volgeling. Elkeen wat in Hom glo, wat hulle lewens vir Hom leef, het sy Gees, die Heilige Gees, wat in hulle woon.

Die Heilige Gees gee jou die vermoë om vir ander mense tot seën wees. Dit is uniek – dis opofferende liefde, vriendelikheid, sagmoedigheid, wysheid en nederigheid – dis wat jý kan bydra om hul lewens te verryk.

Maar as ons nie toelaat dat Jesus ons verander, om daardie eienskappe te hê en daardie dinge te doen nie, dan is ons geloof in Hom, omtrent net so nutteloos soos daardie smaaklose wit poeier in jou soutpot.

 “Sout is goed, maar as sout sy krag verloor het, waarmee sal ‘n mens dit weer sout maak? “Julle moet werklik sout wees en in vrede met mekaar lewe.”

My vriend, as jy in Jesus glo, is jy die sout wat Hy wil byvoeg tot die lewens van die verlorenes en verwondes in hierdie wêreld.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.