... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Volg vir Arnie

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favourites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Judas 1:20 Julle, geliefdes, moet egter voortgaan om julle lewe te bou op julle allerheiligste geloof. Bid altyd deur die krag van die Heilige Gees.

Listen to the radio broadcast of

Volg vir Arnie


Download audio file

Enige atleet sal vir jou sê, dat jy moet oefen as jy sterker wil word. Die probleem is dat so baie mense eenvoudig nie oefening geniet nie, en ek moet erken, dat ek myself hierby insluit.

Op 15-jarige ouderdom het die Hollywood-akteur, Arnold Schwarzenegger, besluit dat hy Mnr. Heelal wil word. Hy het ernstig begin om sy liggaam op te bou – en ek dink dis hoekom dit liggaamsbou genoem word. Hy het vyf tot ses ure per dag geoefen om sy spiere te bou.

Dit klink mooi; maar nee dankie, dis nie vir my nie! Ek bedoel, ek is aktief, maar dit is net hier waar ek die streep trek. En ongelukkig is dit die houding van baie mense teenoor gebed.

Wag net ‘n oomblik … het ons nou van liggaamsbou na gebed gespring? Wel, kyk hier wat staan in:

Judas 1:20 Julle, geliefdes, moet egter voortgaan om julle lewe te bou op julle allerheiligste geloof. Bid altyd deur die krag van die Heilige Gees.

Jy word dus sterker in jou geloof wanneer jy met die hulp van die Heilige Gees bid. Ongelukkig spandeer te veel Christene nie elke dag tyd in rustige, kalm, Gees-geleide gebed nie. En dan wonder ons hoekom ons geloof so kragteloos voel!

Ons praat nie hier van ‘n gebed van vyf of ses ure per dag nie; miskien 20 minute of ‘n halfuur. Maar ons dink ons is so verskriklik besig en dat ons gebedstyd soos Arnie se uitmergelende liggaamsbou-program moet wees; en ons skryf dit af, voordat ons begin; asof dit onmoontlik is!

Sê my, wil jy kragteloos of sterk in jou geloof wees? Wil jy ‘n kurkprop op die oseaan wees, of, in Christus, gereed wees vir enige uitdaging wat die lewe ook al na jou kant toe gooi?

Hou aan om te bid terwyl julle heg verbind bly aan die Heilige Gees.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.