... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Wat God Voorberei het vir Jou

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favourites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

1 Korintiërs 2:8,9 Nie een van die heersers van hierdie wêreld het hierdie wysheid geken nie. As hulle dit geken het, sou hulle nie die Here van die heerlikheid gekruisig het nie. Maar soos daar geskrywe staan: “Wat die oog nie gesien en die oor nie gehoor het nie,” en wat in die hart van 'n mens nie opgekom het nie, dit het God gereed gemaak vir dié wat Hom liefhet.

Listen to the radio broadcast of

Wat God Voorberei het vir Jou


Download audio file

Wanneer jy probeer om ‘n goeie lewe; ‘n lewe met integriteit en reinheid te leef, terwyl almal rondom jou skandelik optree – begin jy wonder, Is dit die moeite werd? Wel, is dit?

Dietrich Bonhoeffer, ‘n Duitse pastoor en teoloog, was veral bekend vir sy sterk weerstand teen Hitler se diktatuur en die afskuwelike boosheid – die volksmoord – waarmee hy weggekom het. Terwyl groot dele van God se kerk stilgebly het, was kerkleiers inderwaarheid medepligtig aan Hitler se boosheid, omdat hulle stilgebly het.

Toe Bonhoeffer teen die boosheid in opstand kom, is hy deur die Gestapo gearresteer en het hy byna twee jaar in konsentrasiekampe deurgebring. Hy is daarvan beskuldig dat hy gekoppel word aan die komplot om Hitler te vermoor, en is op 9 April 1945 tydens die ineenstorting van die Nazi-regime, gehang. Nou vra ‘n mens jouself af: was dit die moeite werd?

Die apostel Paulus vermaan in die eerste eeu die Korintiese kerk oor hulle wêreldse gesindheid:

1 Korintiërs 2:8,9 Nie een van die heersers van hierdie wêreld het hierdie wysheid geken nie. As hulle dit geken het, sou hulle nie die Here van die heerlikheid gekruisig het nie. Maar soos daar geskrywe staan: “Wat die oog nie gesien en die oor nie gehoor het nie,” en wat in die hart van ‘n mens nie opgekom het nie, dit het God gereed gemaak vir dié wat Hom liefhet.

Tweeduisend jaar gelede het Jesus, soos Bonhoeffer, dapper opgestaan en teen die bose gepreek – iets wat Hom sy lewe gekos het. Maar soos daar geskrywe staan: “Wat die oog nie gesien en die oor nie gehoor het nie,” en wat in die hart van ‘n mens nie opgekom het nie, dit het God gereed gemaak vir dié wat Hom liefhet.

Wag vir God se geskenk wat Hy besig is om vir jou voor te berei. Dit is absoluut die moeite werd.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.