... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Wees Versigtig!

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favourites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Matteus 6:1,2 “Moenie julle godsdienstige pligte in die openbaar nakom om deur mense gesien te word nie, want dan kry julle geen beloning van julle Vader wat in die hemel is nie. As jy byvoorbeeld armes help, moet dit nie uitbasuin nie. Dit doen die skynheiliges in die sinagoges en op straat, sodat mense met lof van hulle kan praat. Dit verseker Ek julle: Hulle het hulle beloning klaar weg.”

Listen to the radio broadcast of

Wees Versigtig!


Download audio file

Trots is ‘n lelike ding. Mense wat dinge in die openbaar sê of doen, net sodat ander mense dit sal sien en goed van hulle sal dink, is verwaand. Hoekom doen hulle dit?

Ek het onlangs ‘n ‘selfie’ gesien wat iemand van hulself op Instagram geplaas het, waar hy kos aan ‘n arm persoon gee. Kan jy dit glo? As dit darem nie selfverheerliking is nie, dan weet ek regtig nie!

Maar ongelukkig is die ironie daarvan dat ons almal daarvan hou om goed en edel te lyk. Ja, moenie stry nie. En in hierdie kitswêreld waarin ons leef, waar elkeen met ‘n selfoon in ons hand gereed is om tot aksie oor te gaan, is dit inderdaad bewys van hoe die mensdom al hoe meer wêrelds geword het.

Al sal ons nie dink dat trots dit dryf nie, moet ons erken dat wanneer jy na mense se sosiale media-plasings kyk, jy oor die algemeen net kiekies van die heel beste oomblikke in hul lewens sal sien.

Daar is ‘n fyn lyn tussen die natuurlike begeerte om jou bes te doen, en kras selfverheffing – ‘n streep wat deesdae so maklik oorgesteek word. Daarom het Jesus ons gewaarsku in:

Matteus 6:1,2 “Moenie julle godsdienstige pligte in die openbaar nakom om deur mense gesien te word nie, want dan kry julle geen beloning van julle Vader wat in die hemel is nie. As jy byvoorbeeld armes help, moet dit nie uitbasuin nie. Dit doen die skynheiliges in die sinagoges en op straat, sodat mense met lof van hulle kan praat. Dit verseker Ek julle: Hulle het hulle beloning klaar weg.”

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.