... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Leerbaar

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favourites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Spreuke 1:1-6 Spreuke van Salomo seun van Dawid, koning van Israel. Dié spreuke is bedoel om mense wysheid te leer en hulle te onderrig sodat hulle sal weet wanneer iemand verstandig praat. So sal hulle 'n behoorlike opvoeding ontvang en 'n sin vir regverdigheid, reg en billikheid. Wie nog nie kennis het nie, sal verstandig word, jongmense sal leer om met kennis en oorleg op te tree. Selfs wyse mense kan na die spreuke luister en so tot dieper insig kom. Wie reeds die nodige kennis het, kan die kuns aanleer om spreuke en sinspelings, woorde en raaisels van wyse mense te begryp.

Listen to the radio broadcast of

Leerbaar


Download audio file

Sê-nou, jy is besig om jou gunsteling dis te maak, maar dan sien jy een van die hoofbestanddele is op. Jy ry vinnig supermark toe. Maar wanneer jy daar aankom, sien jy die “Gesluit” teken. Dis uiters frustrerend!

Ag nee, dit kan nie wees nie! Hoekom is daardie winkel nie oop vir besigheid nie? Jy weet dat jou resep nooit sonder dié bestanddeel sal werk nie.

Maar hoe gereeld hang ons die ‘gesluit bordjie’ op, wanneer dit by verandering kom? Die verandering van ons gewoontes; die proses om iets nuuts te leer of om te erken dat ons aangejaag het en dat ons dit moet regmaak?

As tiener was ek besonder goed daarmee, want destyds het ek geglo dat ek alles weet. Wat van jou? Was jy ook eiewys? Dinge het nie verander nie, dis waaroor koning Salomo destyds met sy tiener seuns gepraat het.

Spreuke 1:1-6 Dié spreuke is bedoel om mense wysheid te leer en hulle te onderrig sodat hulle sal weet wanneer iemand verstandig praat. So sal hulle ‘n behoorlike opvoeding ontvang en ‘n sin vir regverdigheid, reg en billikheid. Wie nog nie kennis het nie, sal verstandig word, jongmense sal leer om met kennis en oorleg op te tree. Selfs wyse mense kan na die spreuke luister en so tot dieper insig kom. Wie reeds die nodige kennis het, kan die kuns aanleer om spreuke en sinspelings, woorde en raaisels van wyse mense te begryp.

My vriend, wees leerbaar. Moenie soos die supermark gesluit wees nie. Wees 24/7 oop vir besigheid! Luister na God, want sy wysheid sal jou lewe verander.

Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.